Ontvang krag in die teenwoordigheid van God Voorbeeld

Ontvang krag in die teenwoordigheid van God

DAG 4 VAN 7

'N OORVLOED VAN BEMOEDIGING 

Net soos daar vir ons 'n oorvloed van leiding is ter wille van Christus, is daar ook vir ons 'n oorvloed van bemoediging deur Christus. 2 Korintiërs 1:5

Die gesindheid van Jesus Christus moet sigbaar wees in hoe ons leef. Maar dit is nie altyd die geval nie. 

Wanneer ons moeilike tye beleef, na wie toe draai ons?

Ja, na God wat ons deur Christus bemoedig. En wanneer ander mense na ons toe kom vir bemoediging, wat doen ons? Is ons altyd te besig om na hulle te luister, om hulle te bemoedig? Is ons te besorg oor ons eie swaarkry om deernis te kan betoon?

2 Korintiërs 1:3-4 sê: "Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy is die Vader wat Hom ontferm en die God wat in elke omstandigheid moed gee. In elke moeilikheid bemoedig Hy ons. Daarom kan ons ook ander bemoedig met dieselfde bemoediging waarmee God ons bemoedig." Wanneer ons die teenwoordigheid van God in ons tye van beproewing en hartseer betree, sal Hy deernis met ons hê. Hy sal ons bemoedig. Maar Hy vra dat ons dan sal uitgaan in die wêreld en 'n kanaal van sy deernis en bemoediging na ander sal wees. Ons moet vir hulle vertel: "Moenie bekommerd wees nie. Jesus is in beheer. Hy sal jou rots en jou skuilplek wees."

Daar sal niks mooier wees as om te sien dat alle Christene dit vir ander doen nie.

Dankie, Here Jesus, dat ek altyd na U toe kan draai in tye van beproewing en hartseer. Bemagtig my deur u Gees sodat ek u deernis en bemoediging na ander in nood kan laat oorvloei. Amen

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Ontvang krag in die teenwoordigheid van God

As jy elke dag God se teenwoordigheid sterk wil ervaar, moet jy meer tyd by sy voete deurbring. Dit is in sy teenwoordigheid dat ons herstel en bemagtig word om ons roeping te vervul en om die goeie stryd van geloof te veg. Hierdie oordenkings is geneem uit AARTAPPELGELOOF VIR ELKE DAG deur Angus Buchan © Christelike Uitgewersmaatskappy.

More

Ons bedank Christelike Uitgewersmaatskappy en Angus Buchan vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://www.cumbooks.co.za