Woorde Maak SaakVoorbeeld
eLees Psalm 19:15, Filippense 4:8
SOAP: Filippense 4:8
Baie belangrik: Die verse in die Engelse Bybel en Afrikaanse Bybel stem hier nie ooreen nie. Lees Psalm 19:15
Ons verstand is ons grootste en belangrikste gevegsterrein. Wat ons van God dink, oor ander, en oor onsself sal die kern van ons oortuigings en dus van ons gedrag word.
Die raad wat Paulus aan die mede-Christen in Filippi gee, is om dít wat hulle dink te beheer en dit deur middel van sekere konsepte te filtreer. Watter dinge moet ons tyd en gedagtes vul? Dinge wat: waar, edel, reg, rein, mooi en prysenswaardig is.
Ons moet 'n gewoonte maak om hierdie konsepte te gebruik om elke gedagte wat in ons gedagtes kom, te filtreer. Enigiets wat nie ooreenstem nie, is nie jou tyd en moeite werd nie.
"Verkeerde denke lei tot 'n verkeerde gevoel, en kort voor lank word die hart en gees uitmekaar getrek en word ons verwurg deur kommer. Ons moet besef dat gedagtes werklik en kragtig is, alhoewel hulle nie gesien, geweeg of gemeet kan word nie." - Wiersbe, Warren W. Be Joyful (Filippense)
Liewe God, help my om my gedagtes deur U Woord te filtreer. Ek wil reg oor myself dink. Help my om so vol van u Woord te wees dat ek al die gedagtes wat van die vyand van my siel kom, kan raaksien. In Jesus se naam, amen.
Aangaande hierdie leesplan
In hierdie studie gaan ons in God se Woord delf en leer wat Hy sê oor die woorde wat ons teenoor onsself en ander spreek en woorde wat die wêreld verander. Ons sal leer om God en ander te eer met ons woorde. Ons bid dat hierdie studie vir ons diepe insig sal gee oor hoe ons woorde kan spreek wat lewe gee en lewens verander.
More
Ons wil graag vir Love God Greatly Afrikaans bedank vir hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.lovegodgreatly.com