Die reis van ’n pelgrim deur Ann GoodfellowVoorbeeld

Die reis van ’n pelgrim deur Ann Goodfellow

DAG 4 VAN 5

“As . . .”!

“As” is so ’n kort woordjie, maar dit hou groot betekenis en belofte in. Jesus gebruik hierdie woordjie om ons te vertel watter groot dinge daar sal gebeur – as ons Hom gehoorsaam.

Maar dit gebeur so dikwels dat wêreldse eise en verleidings ons weglok van Jesus, en dan bereik ons nie wat Christus van ons verwag nie. Wanneer ons nie Jesus se “as” gehoorsaam nie, ontvang ons nie sy beloftes en seëninge nie.

As ons sy opdragte gehoorsaam, net soos wat Jesus sy Vader se opdragte gehoorsaam het, sál ons in sy liefde bly. Is dit moontlik? Ja, maar net as ons leef soos mense wat aan Christus behoort!

Hoe toegewy is ons aan ons God – Vader, Seun en Heilige Gees? Hoeveel van ons bestee ons lewe daaraan om God se Woord – die Bybel – te bestudeer? Streef ons God se weë vir ons lewe na en beoefen ons hulle gereeld? Dra ons dit wat ons geleer het oor aan ander? Dit is wat God van ons verwag: om ’n voorbeeld te wees van getroue diens aan Hom wat ander sal wil navolg. As ons maar net soos Jesus kon gewees het wat in alle opsigte aan God toegewy was!

Ons moet bid en die Here vra om ons te help om sy wil te laat geskied in die saak van getrouheid. Dit beteken nie om “partykeer” die pad saam met Jesus te stap nie, dit is ’n daaglikse geleentheid om God se waarhede vir ons lewe te leer ken. Kom ons lê ons daarop toe om getrou aan ons Here te leef!

Gebed

Here, Vader God, help my om u opdragte te gehoorsaam, net soos Jesus gedoen het. En bewaar my veilig in u liefde, want ek smag daarna om U heeldag lank naby my te hê. Amen.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Die reis van ’n pelgrim deur Ann Goodfellow

Die dagstukkies in hierdie 5-dag-leesplan sal jou aanmoedig om jou pad na die Here te vind, Sy hand te vat en om elke dag in vrymoedigheid te lewe. As jy na die Lig soek, sal jy met liefde verryk en met sekerheid vervul word. Elke dag bevat ’n Bybelvers, oordenking en kort gebed. Die inhoud van hierdie leesplan is gebaseer op Ann Goodfellow se “Die reis van ’n pelgrim”.

More

Ons wil graag Struik Christian Media bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.struikchristianmedia.co.za