Wat Behels Aanbidding?Voorbeeld
Ons aanbid deur God te dien.
Dit is onmoontlik om God te dien sonder om mekaar te dien. — Alistair Begg
Dink 'n oomblik daaroor na.
Om God te kan dien, moet ons die mense om ons dien. Hoekom? Want God het niks van ons nodig nie. Hy verlang eerder iets vir ons. Hy roep ons dus om mense te dien. Ons sal nooit iemand teëkom vir wie God nie lief is nie. Ons moet alle mense dien.
Jy wonder dalk wat jy iemand kan bied. God het ons met spesifieke geestelike gawes toegerus, nog voor ons ons eerste asemteug gegee het. Hy het elkeen van ons gevorm nog voor ons gebore is en Hy ken elke ingewikkelde besonderheid van ons wese. Hy het ons geskep om op 'n sekere manier op te tree, sodat ons ander kan seën en bemoedig deur ons optrede. Die manier waarop ons aanmekaar geweef is, is Godgedrewe en Goddelik bestem. Dalk is jy:
- … 'n entrepreneur wat weet hoe om die mees merkwaardige planne uit te voer.
- … op mense ingestel, en weet net wat om te sê om iemand te troos wat in nood verkeer.
- … iemand wat agter die skerms werk, en altyd seker maak dat dinge gedoen word, selfs al sien niemand dit raak nie.
- … 'n gasvrye persoon wat weet hoe om 'n vertrek gesellig te maak en mense te kalmeer.
- … 'n uitsonderlike skrywer wat waarhede oor God kan oordra, sodat ander Hom beter kan verstaan.
Of jy nou op 'n verhoog voor honderde mense staan, 'n vriend oor koffie ontmoet, 'n rol in die menslike hulpbronne afdeling van 'n maatskappy speel, of jou kinders by die skool gaan haal — is dit hoe jy God dien. Ons gebruik dalk ons geestelike gawes om 'n impak te maak op medegelowiges, of ons doen maar net ons dagtakies — om ons aardse verantwoordelikhede na te kom, is ons manier om God te dien. Dis hoe eenvoudig dit is. Hoekom? Dit gaan nie soseer oor dit wat ons doen nie, maar oor wat in ons harte aangaan. Dis nie wat ons doen nie, maar hoekom ons dit doen.
Ons dien God om Hom te verheerlik. Ons kan God dien deur ander te dien, met enigiets wat ons kan doen. Kom ons gebruik ons gawes, vaardighede en karaktertrekke om 'n verskil te maak in die Liggaam van Christus. Dit hoef nie 'n voltydse werk te wees nie, dit moet net ons voltydse roeping wees.
Nadenke
- Lees Psalm 103 en verklaar dit aan God.
- Dink na oor die gawes wat God vir jou gegee het. Wat dink jy is die beste manier om hulle te gebruik om God te dien?
- Kies een ding wat jy vandag wil doen om iemand te dien, en offer dit aan God as jou geestelike aanbidding.
- Skryf enige openbaringe neer wat God aan jou in vandag se Bybellees of oordenking sê.
Aangaande hierdie leesplan
Ons harte neig na aanbidding. Ons, as volgelinge van Christus, is deur God geskape om Hom te aanbid. Ons neig egter om ons bewondering en getrouheid aan mense en dinge te gee, eerder as aan God. Kom saam met ons op hierdie reis en delf dieper in wat aanbidding is en hoe ons kan leer om 'n lewenswyse te leef wat God eerste plaas.
More