7 Dae van DeurbraakVoorbeeld

7 Dae van Deurbraak

DAG 3 VAN 7

DAG 3:

Gen 1:9-13  

God maak die land en see en al die soorte plante. God begin voorsiening tref vir dit wat kom. Voedsel is baie belangrik vir groei. Ons het water, grond, plante en bome nodig om te dien as voeding vir alles wat lewe. 

Wanneer ek hierdie gedeelte lees sien ek groei en ontwikkeling. Ek sien weens die groei en ontwikkeling, kom vrugte na vore. God het die aarde gevul met alle moontlike voeding wat die mens nog gaan nodig kry. Ek glo die Here is ook besig om vir jou 'n deurbraak voor te berei.

Hoe bereik ek my deurbraak in dag drie? 

Elkeen van ons het ‘n doel. Dit is ons eie verantwoordelikheid om seker te maak dat ek by daardie doel vir my lewe sal uitkom. Begin groei. Begin jouself toerus sodat jy ‘n verskil kan maak in iemand anders se lewe. Veral in die geslagte wat ons opvolg. 

Jou deurbraak gaan kom deur die groei wat jy gaan ervaar. Jou getrouheid en die vermoë om ‘n rentmeester te wees van jou tyd en jou hulpbronne, gaan jou help om deurbraak te ervaar. Lees 'n goeie boek wat jou kan toerus vir die toekoms. Kyk na boodskappe wat jou kan motiveer. Berei jouself voor vir dit wat Go in en deur jou lewe wil doen. 

DAG 3 = GROEI EN ONTWIKKELING

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

7 Dae van Deurbraak

Ons almal wil deurbraak ervaar in ons lewe, maar wat kan ek doen om dit te beleef?

More

Ons wil graag Lig & Lewe Sentrum bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.ligenlewe.com