7 Dae van DeurbraakVoorbeeld

7 Dae van Deurbraak

DAG 6 VAN 7

DAG 6:

Gen 1:24-31

Hierdie is seker een van die mooiste gedeeltes van die skeppingsverhaal. Om te hoor hoe die Here ons gemaak het: “Na sy Beeld”. Ons was nie net ewe skielik daar nie. Ons is nie net nog iets om die aarde vol te maak nie. 

Nee, ons het 'n IDENTITEIT en ons moet besef dat ons in 'n verhouding met God kan staan. Ons is die kroon van sy skepping. God het die beste vir laaste gelos, om alles te geniet wat die Here gemaak het. Ons is gemaak om te heers. Daardie woord beteken letterlik, om RENTMEESTERS te wees. Alles behoort aan God en ons moet goeie rentmeesters wees. Ons bestuur dit wat God gemaak het.

Hoe ervaar ek ‘n deurbraak deur te kyk na dag ses?

Een van die redes hoekom mense nie deurbrake ervaar nie, is omdat hulle nie rentmeesters is van dit wat die Here vir hulle gee nie. Ek het al gesien hoe die Here vir mense voorsien sodra hulle begin om rentmeesters te word van dit wat aan hulle gegee is. Hulle tyd, hulle energie en hulle finansies. God gaan nie vir ons meer kan gee as ons nie goeie rentmeesters is nie. 

Ons is geskape om te heers. God het jou nie geskape om op die ashoop te sit nie. Hy het jou gemaak om te heers en die enigste manier om dit reg te kry is om in 'n verhouding met jou Skepper te wees, om direkte opdragte van God te kan uitvoer. 

DAG 6 = WEES ‘N GOEIE RENTMEESTER VAN JOU HULPBRONNE EN VAN JOU PERSOONLIKE LEWE.

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

7 Dae van Deurbraak

Ons almal wil deurbraak ervaar in ons lewe, maar wat kan ek doen om dit te beleef?

More

Ons wil graag Lig & Lewe Sentrum bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.ligenlewe.com