12 Groot Foute Wat Ouers Kan VermyVoorbeeld
Ons Doen Dit Vír Hulle
“Hier, my skat, laat ek dit vir jou doen.” Watter liefdevolle ouer het nog nooit, 'n bietjie te lank, sy kind se veters vasgemaak, of hul met die lepel gevoer, hulle foute toegesmeer, of hulle vorms ingevul nie? Hierdie is dalk die algemeenste fout wat gesonde, welmenende ouers maak.
Eli was 'n goeie man in die Bybel; ook 'n ouer en 'n man van God. Sy twee seuns was slegte mense, hulle was bekend daarvoor dat hulle God se tempel misbruik het om hulself te bevoordeel en om die vroue te misbruik. Tog was Eli nog steeds gekenmerk as 'n goeie man wat die Here geëer het. Ons kry nie 'n uitleg van hoe Eli sy seuns grootgemaak het nie, maar ons weet dat, toe hy uitgevind het dat sy seuns vroue na die tempel gelok het om saam met hulle te slaap, hy hulle basies net 'n ligte skrobbering gegee het en hulle toegelaat het om hul posisies by die tempel te behou.
Gebaseer op wat ons weet, kan ons aanneem dat Eli se seuns nie hul rolle in die tempel deur hul toewyding aan God verdien het nie. Het Eli, as hoof van die tempel, moontlik die rolle aan hulle toegeëien? Ons kan raai dat Eli se seuns nie veel van 'n verhouding met God gehad het nie. Miskien het hulle daarvoor ook op hul pa staatgemaak? Dit is veilig om aan te neem dat hulle nie die nagevolge van hul keuses self gedra het nie. Die Bybel stel voor dat Eli dit ook vir hulle gedoen het. Eli se seuns het gedink hulle is geregtig om te vat wat hulle wou van God en sy mense. Eli het dit dalk nie eens besef nie, maar sy seuns se eiegeregtigheid is iets wat hy ook vir hulle geskep het.
Dus, in plaas daarvan om dit vir ons kinders te doen, kom ons doen dit saam met hulle wanneer hulle jonk is, en lei hulle om dit self te doen namate hulle ouer word. Kom ons wees hulle afrigters, nie hul plaasvervangers nie. Kom ons wees hulle gidse, nie hulle gode nie — hulle konsultante, nie hulle kontrakteurs nie.
Plan: Maak 'n lys van ten minste drie dinge wat jy gaan ophou doen vir jou kinders. Ontwerp 'n plan toepaslik vir hul ouderdomme om hulle te help om hul nuwe verantwoordelikhede te verstaan.
Aangaande hierdie leesplan
Dr. Tim Elmore en Life.Church deel saam 12 groot foute wat ouers kan vermy. Ons wil almal die beste vir ons kinders hê, maar soms is dit ons eie goeie bedoelings wat hulle op die verkeerde pad stuur. Kom ons vind die regte koers en lei ons kinders om te floreer en toegewyde volgelinge van Christus te wees. Vir meer inhoud, kyk by finds.life.church
More