Jesus, Ons Alles. 'n Studie Van Hebreërs Voorbeeld

Jesus, Ons Alles. 'n Studie Van Hebreërs

DAG 29 VAN 43

Oordenkingsvrae: 

Week 4:

1. Waarom was dit vir God belangrik om 'n nuwe verbond met sy volk op te stel? Hoe is Christus die verwesenliking van die nuwe verbond?

2. Waarom is offers en rituele nie meer nodig vir 'n verhouding met God nie? Hoe het Christus se kruisdood die manier waarop ons tot God nader, verander?

3. Aangesien Christus alreeds ons sondes gedra het, dit van ons verwyder het en aan ons toegang tot God verleen het, waarom is dit dan nodig dat Hy weer moet kom?

4. As die Ou Testamentiese wette nie bedoel was om die mense van God te red nie, wat was dan die doel van hierdie ou stelsel?

5. Wat beteken dit dat waar sonde toegeneem het, genade ook toegeneem het? Hoe laat die erkenning van ons sonde ons die genade van God duideliker sien?

Dag 28Dag 30

Aangaande hierdie leesplan

Jesus, Ons Alles. 'n Studie Van Hebreërs

Die boek Hebreërs vertoon die oppergesag van Christus op elke bladsy. Jesus is nie net verhewe bo enige iets waarin ons probeer om ons hoop te plaas nie, maar Hy is die Skepper en Een wat alles in stand hou. Hy het ons deur sy genade gered. Hy alleen is ons lofprysing waardig. Hy alleen is ons liefde waardig. Hy is ons alles.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://lovegodgreatly.com/