Kyknet Lydenstyd Gids 2022Voorbeeld
Hoekom is ek hier?
In een van die ou Joodse verhale word daar vertel dat die Here met elkeen van ons ‘n ontmoeting gehad het voordat ons gebore is. By daardie geleentheid het Hy jou gevra of jy bereid sou wees om aarde toe te kom vir ‘n unieke taak wat Hy vir jou het. Vir baie van ons kan dit klein en onbenullig wees, soos om byvoorbeeld ‘n kind groot te maak. Ter voorbereiding van hierdie taak, gee Hy aan ons ouers, omstandighede en baie ervarings. Van hierdie ervarings is pynlik, maar nodig. By daardie geleentheid het jy “Ja” gesê en Hy het vir jou ‘n engel gegee om jou te vergesel op jou lewensreis. (Lees Matt.18:10). Die engel het sy vinger op jou lippe geplaas — dit is waar die keep op jou voorlip vandaan kom — en op daardie oomblik het jy alles vergeet van die ontmoeting en ooreenkoms. Jou groot taak in die lewe is nou om te onthou en gehoorsaam te wees.
Soveel van die lesse van hierdie onderwerp weergalm in die lering van Jesus. Hy roep ons: ”Volg My!” Ons moet wakker word hiervoor; ons is hier met ‘n spesifieke doel. Daarom is niks wat met ons gebeur, sonder betekenis nie. Hy laat alles ten goede meewerk.
Hoe kan ons onthou en wakker word om te hoor hoe Hy ons roep? Miskien is een van die eerste stappe dat jy en ek bewus moet raak van die beweging in ons wanneer ons stories van geroepe mense hoor, en sien hoe hulle hul lewe gee vir iemand of vir iets groter as hulself.
Ter Nadenke
Watter deel van die storie gryp jou verbeelding aan? Kan jy dalk vandag die storie met iemand deel?
Gebed
Here, gee my die genade om te ontwaak tot my lewenstaak.
Die Boodskap vir jou Lewensreis
Daaglikse oordenking wat voortbou op die dag se tema
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Welkom op die Lydenstydreis. Tydens hierdie ervaring word jy genooi na ‘n paar ontwakings. Die doel van die reis is om te ontwaak tot die lewe. Lewe is God en lewe is saam met God. Ons gaan fokus op die ontwaking van myself, verlange, die lewe, vriendskap en roeping.
More
Ons wil graag Mosaiek bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.mosaiek.com