Kyknet Lydenstyd Gids 2022Voorbeeld
Waaraan verbind ek myself?
Ons leef in ‘n tyd waar ons ons opsies wil oophou, en ons nie wil vasmaak deur te “commit” nie. Dit wil voorkom of die groot idees in ons kultuur, naamlik persoonlike geluk, onafhanklikheid, veelvuldige ervarings en gemak, die ware lewe is.
Jesus nooi ons uit om ons idees van die lewe te laat gaan en Hy belowe ons ‘n wonderlike lewe. As jy lief word vir Hom, sy idees en waaroor sy lewe gaan, sal jy besluit om jouself te “commit.” Liefde is toewyding. Ons dink ons soek gemak en gerief, maar iets in ons wese soek na iemand en iets groter, beter as onsself wat totale opoffering en toewyding vereis.
Gerald May, die psigiater en vader van kontemplatiewe terapie sê: “my hele lewe lank wou ek graag ja sê, om myself heeltemal oor te gee, aan ‘n Uiteindelike Iemand of Iets.”
Ter Nadenke
Jy word uitgenooi om in kontak te kom met die verlange in jou om oor te gee en te “commit”, deur met Hom daaroor te praat.
Gebed
Here, gee my die genade om te ontwaak tot my lewenstaak.
Die Boodskap vir jou Lewensreis
Daaglikse oordenking wat voortbou op die dag se tema
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Welkom op die Lydenstydreis. Tydens hierdie ervaring word jy genooi na ‘n paar ontwakings. Die doel van die reis is om te ontwaak tot die lewe. Lewe is God en lewe is saam met God. Ons gaan fokus op die ontwaking van myself, verlange, die lewe, vriendskap en roeping.
More
Ons wil graag Mosaiek bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.mosaiek.com