MarkusVoorbeeld

Markus

DAG 29 VAN 43

Oordenkingsvrae:

  1. Wat beteken dit dat “alles vir God moontlik is”? Glo jy dat dit waar is? Hoekom of hoekom nie?
  2. Wat vertel Markus 10:45 ons oor die karakter van God? Waarom is Jesus se rol as dienskneg so beduidend?
  3. Is lofprysing 'n gereelde gebruik in jou lewe? Hoe kan jy lofprysing in jou daaglikse gewoontes insluit?
  4. Wat doen ons met die belofte in Markus 11:24-25 en die realiteit dat God soms nie aan ons gee wat ons vra nie?
  5. Sukkel jy om te glo dat God vir jou omgee wanneer Hy nie jou gebede verhoor soos jy gehoop het nie? Hoe vertrou jy op God se goedheid wanneer Hy jou nie gee wat jy wil hê nie?

Aangaande hierdie leesplan

Markus

Die evangelie van Markus is 'n kragtige beskrywing van Jesus se lewe. Dit wys Jesus se karakter op elke bladsy, van sy gewilligheid om te ly en te dien, tot sy krag en goddelikheid wonderbaarlik vertoon. Met elke toneel vra die outeur: “Waar is jou geloof?” As jy daarna smag om 'n vaste geloof te hê in wie Jesus is en wat Hy kan doen, is hierdie Bybelstudie vir jou!

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  https://lovegodgreatly.com/afrikaans/