Vroue Van Die WoordVoorbeeld
Woestyntyd – om vrees te oorwin (deur Ilse Kleyn)
Vir 40 dae lank het Goliat die reus dag en nag die soldate van Israel uitgedaag en vrees in hul ingeboesem. Soms laat ons toe dat vrees ons in woestyntye van beproewing en toetsing oorweldig en lamlê.
Die soldate van Israel het nie net elke dag vir Goliat aangehoor nie, hulle het mekaar ook later negatief beïnvloed. Dawid het by die oorlogsveld opgedaag ná ’n tyd van intimiteit met die Koning van konings. Daar was nie plek vir vrees in sy lewe nie.
In sy hande was 16 kg koring, 10 brode en 10 blokke kaas. 16 is die getal vir ’n goddelike karakter – iemand wat vry is, heilig is en aan God toegewy is. Die getal 10 word twee keer genoem, wat die belangrikheid daarvan beklemtoon. Die 10 het verskeie betekenisse, maar verwys na ons geregtigheid en outoriteit in Christus en die mag en gesag wat ons in Hom het om te regeer oor die duisternis. Dawid het hierdie gesag gebruik en met sy reus gepraat. Hy het teen hom geprofeteer en die waarheid uitgelig.
Dawid se beloning was oorwinning oor vrees, hy is bevorder, sy rykdom het toegeneem en die uiteinde was dat hy koning geword het.
Heilige Gees, leer my om nie na vrees te luister nie, maar altyd eers na die Woord te gaan en uit ’n plek van intimiteit met U die waarheid oor my donker situasies te profeteer. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Ons realiteit is een van gejaagdheid, moedeloosheid, vrees en angstigheid oor die toekoms. Maar keer op keer herinner God ons deur sy Woord wie ons is en dat Hy Hom oor ons ontferm. Kyk verby die dominante storie van vrees en moedeloosheid en sien dat God se pad met jou ’n pad van deernis en liefde is. Hierdie oordenkings kom uit Jannie Pelser se samestelling VROUE VAN DIE WOORD.
More
Ons wil Christian Art Publishers bedank vir die aanbieding van hierdie plan. Vir meer inligting besoek: https://www.cumbooks.co.za