In Die BeginVoorbeeld

In Die Begin

DAG 32 VAN 43

Lees: Genesis 8:15-22; Psalm 115:16-18

SOAP: Psalm 115:16-18

"Die hemel is net vir die Here, maar die aarde het Hy aan die mense gegee.  Nie die dooies prys die Here nie, nie dié wat die graf in is nie, maar óns, ons prys die Here, nou en vir altyd!  Prys die Here!"


Oordenking

Na maande se gewag, was dit eindelik tyd vir Noag en sy familie om die ark te verlaat. Voordat hulle die ark verlaat, gee God aan hulle dieselfde opdrag as aan Adam en Eva — om vrugbaar te wees en te vermeerder op die aarde.

Die mens het so verdorwe geword, dat God nodig gehad het om die aarde te vernietig en van voor af te begin. Noag het God gevrees en daarom was Noag die beginpunt van 'n nuwe gemeenskap wat God sou opbou, een wat Hom sou aanbid. Noag se offer aan God was vir Hom aanneemlik en Hy het belowe om nooit weer die hele aarde te verwoes nie, ten spyte van mense se sonde.

Ons is geskep om God te loof en te eer. Ons is ontwerp om aan Hom eer en heerlikheid te bring en sy Naam bekend te maak. Maar, ons het weggedraai van Hom af, en ons het ons eie eer gesoek in plaas van dié van God. Tog, selfs in ons opstand, red God ons. Hy seën ons met genade en gee ons soveel meer as waarvoor ons ooit sou kon vra of selfs aan dink.

Anders as hulle wat in die vloed gesterf het, kon Noag die Here loof en prys. Ons het ook die groot voorreg om toegang tot God te hê en ons kan Hom loof. Soos Noag, kan ons ook die Here aanbid net daar waar ons is, wat ons omstandighede ook al mag wees. Hy alleen is lofwaardig. Prys die Here!


Gebed

O Heer, U is waardig om geprys te word! Ek loof U vir u groot genade, dat U my nie behandel volgens wat my sonde verdien nie, maar my toelaat om te lewe en om 'n verhouding met U te hê. Ek word oorweldig deur u groot genade, wat so ver strek, selfs bo my begrip. Laat my lewe oorvloei met lof en prys aan U. Amen.

Dag 31Dag 33

Aangaande hierdie leesplan

In Die Begin

In die Begin is 'n ses weke lange Bybelstudie oor Genesis 1-11. Hierdie studie ondersoek die skeppingsverhaal, die oorsprong van die mensdom, die invloed van sonde op die wêreld, die onmiddelike belofte van verlossing, die redes vir die vloed, God se voorsiening vir Noag en sy familie, God se eerste verbond met die mensdom en die geslagsregister van die Messias.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  https://lovegodgreatly.com/afrikaans/