In Die BeginVoorbeeld

In Die Begin

DAG 33 VAN 43

Lees: Genesis 9:1–17; 2 Korintiërs 1:20–22

SOAP: Genesis 9:12–13

"Toe het God gesê: 'Dit is die teken van die verbond tussen My en julle en die wilde diere by julle, 'n verbond wat vir alle toekomstige geslagte geld: my reënboog het Ek in die wolke geplaas. Dit sal die teken wees van die verbond tussen My en die aarde.'"


Oordenking

Die verbond wat God met Noag gesluit het, die belofte dat God nooit weer alle lewende wesens op aarde deur vloedwater sal uitwis nie, was die eerste opgetekende verbond wat God met sy volk gesluit het. Dit is ‘n onvoorwaardelike verbond. Wat die mensdom ook al mag doen, God sal nooit weer alle lewe op aarde deur vloedwater vernietig nie. 

As herinnering aan hierdie verbond het God die reënboog geskep. Hy het dit in die wolke geplaas om Homself aan sy belofte te herinner. Die reënboog is nie bedoel om God te herinner ingeval Hy dalk vergeet nie. Net soos God aan Noag in die ark gedink en sy optrede verander het, word God herinner aan die ewigdurende verbond wat Hy met die mensdom gesluit het wanneer Hy sy reënboog sien.

Die reënboog is ook daar om ons te herinner. Reënboë vorm slegs as daar reën is en gewoonlik na ‘n reënbui. 'n Reënboog herinner ons dat God sy beloftes hou, ongeag hoe erg die storm is. God sal nooit weer die aarde met vloedwater vernietig nie, en Hy sal ook al sy ander beloftes aan ons nakom.

Die reënboog dien as simbool van God se karakter. God is bestendig, onveranderlik en altyd getrou. Hy sal nooit sy beloftes verbreek nie en altyd doen wat Hy sê. God se getrouheid in die verlede is ‘n belofte van sy getrouheid in die toekoms. Sy reënboog bevestig dat al sy beloftes in Christus ja is. 


Gebed

Here God, dankie vir u reënboog. Dankie dat U ons elke keer as dit reën herinner aan u karakter en u beloftes. Help my om vertroue te hê in al u beloftes, selfs dié wat vandag vir my moeilik is om te glo. Ek vertrou op u karakter en u beloftes. Amen.

Dag 32Dag 34

Aangaande hierdie leesplan

In Die Begin

In die Begin is 'n ses weke lange Bybelstudie oor Genesis 1-11. Hierdie studie ondersoek die skeppingsverhaal, die oorsprong van die mensdom, die invloed van sonde op die wêreld, die onmiddelike belofte van verlossing, die redes vir die vloed, God se voorsiening vir Noag en sy familie, God se eerste verbond met die mensdom en die geslagsregister van die Messias.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  https://lovegodgreatly.com/afrikaans/