Koninkryk KomVoorbeeld
GEBED:
Vader, U is 'n liefdevolle vader. Dankie dat U met my geduldig is terwyl ek leer om U te vertrou.
LEESSTUK:
Het jy geweet daar is 'n koste verbonde aan die groeiproses? Voordat ons vorentoe kan beweeg op ons reis om te groei, is dit dikwels nodig om te erken dat ons iets gaan verloor. Vreemd soos dit klink, is 'n rede hoekom ons nie met die groeiproses vorder nie omdat dit vir ons voordelig is om te bly waar ons is — ons geniet die gemak, sekuriteit, illusie van beheer of enige ander dinge.
In Galasiërs 4:6-8 verduidelik Paulus, deur ons lewens op die verkeerde dinge te bou, word ons slawe daarvan. Dit is sterk taal, maar Paulus het 'n strategiese benadering. Hy verwys na 'n gedeelte van Israel se verhaal, kort na hulle as slawe uit Egipte bevry is. God het groot wonderwerke deur Moses gedoen om hulle kettings te verbreek en hulle uit te lei. Die Israeliete het God vir hul vryheid geprys, maar dit was van korte duur. Hulle het begin kla oor die voordele en gemak van hul lewens in Egipte wat hulle nou mis. Hulle het selfs begin praat van omdraai! Kan jy jou voorstel om heimwee te hê na 'n land waar jy 'n slaaf was?
Dit klink dalk gek, maar volgens Paulus is daardie begeerte dalk bekender as wat jy dink. As jy iets so erg mis dat jy nie jou lewe daarsonder kan voorstel nie, dan is jy 'n slaaf daarvan. Jy het jou vryheid prysgegee. Jy is daaraan verbind. Dit kan 'n besitting, 'n verhouding, 'n titel of reputasie wees.
Omdat ons 'n nuwe identiteit in Jesus ontvang het, is daardie kettings gebreek en het ons 'n nuwe weg na vryheid. Alhoewel dit voorkom as 'n duidelike en eenvoudige begrip, is dit nie altyd in die praktyk so maklik nie. Dis een ding om jou uit slawerny te kry, maar iets heeltemal anders om slawerny uit jou uit te kry.
Ons is geneig om gedurig te wil terugkeer na wat voorkom om gemak, sekuriteit en veiligheid te bied. Daardeur keer ons die rug op die reis om heel te word en die vryheid wat God vir ons begeer.
Tog is daar vandag goeie nuus. God is 'n liefdevolle vader!
Stel jou 'n pa voor wat na sy jong kleuter kyk wat sy eerste onseker treë gee. Wat voel hy? Hoe reageer hy? Is hy ongeduldig en gefrustreerd dat sy kind nie verder kan loop nie? Word hy woedend wanneer sy kind se knietjies knak en hy op die grond val? Dink jy daar sal buitengewone teleurstelling in sy oë wees as jy hom hoor skree: "Hoekom kan jy nie loop nie? Kyk na jou ouer broer! Hy kan al rondtes om die huis hardloop! Hoekom ruk jy nie jouself reg nie?"
O nee! Jy sal nooit so 'n reaksie verwag nie. Waarom nie? Omdat 'n liefdevolle vader die babatreetjies vier, ongeag hoe klein hulle is. Hy weet daardie treetjies is die begin van 'n lang reis na volwassenheid. Hy is geduldig met die vordering en vier elke oorwinning, al is dit ook hoe kortstondig.
Jou hemelse Vader verlang net so om te sien hoe jy in jou geestelike lewe vorentoe beweeg. Hy het jou lief en vier jou babatreetjies.
NADENKE:
Dink vandag na oor hierdie twee vrae. Wat kry ek om te bly waar ek is? Is daar iets wat ek bang is om te verloor?
Wanneer jy vandag hierdie vrae begin antwoord, vra God vir die genade en krag wat jy nodig het om 'n klein treetjie van vertroue te neem. Staan dan tyd af om God vir sy geduld en vergifnis te dank wat jou inwag, elke keer wat jy terug struikel na die ou lewe en manier van dink.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Ons het gehoor dat Jesus "lewe in oorvloed" aanbied en ons smag na daardie ondervinding. Ons wil die lewe hê wat aan die anderkant van verandering is. Watter soort verandering het ons nodig? Hoe moet ons te werk gaan om te verander? In Koninkryk Kom sal jy 'n nuwe manier verken om die onderstebo en binnestebuite lewe te lei waarin God ons nooi.
More