Gebede Om Jou Hart Te SeënVoorbeeld

Gebede Om Jou Hart Te Seën

DAG 7 VAN 10

Die seisoene van God se genade


God, U het die son en die maan gemaak om die seisoene en dag en nag te onderskei. Ons kan slegs die vrugte van die aarde in hulle seisoene geniet. U het egter geen verordening gemaak wat die seisoene van u genade onderskei nie. In die paradys was die vrugte onmiddellik ryp en in die hemel is dit altyd herfs. U genade is altyd vol in vrug. U sê nooit dat ons gister moes gekom het nie. U sê nooit dat ons môre moet terugkom nie, maar vandag, as ons na u stem luister, sal U na ons ook luister.

U het lig uit die duisternis laat kom, nie uit ’n minderwaardige lig nie. U kan die somer uit die winter laat voortvloei, al is daar geen lente nie. Alle geleenthede ontlok u genade en alle tye is u seisoene.


-JOHN DONNE

Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Gebede Om Jou Hart Te Seën

Soms kort jy net die regte woorde om jou gesprek met jou Vader te begin. Hierdie 10 gebede sal jou help om die regte woorde te vind voordat jy self verder uit jou hart uit bid, of jy stil by die Here wil sit, of as ’n groep in gesprek met God wil tree. Hierdie gebede is saamgestel uit die gebedeboek GEBEDE OM JOU HART TE SEËN.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za