Gebede Om Jou Hart Te SeënVoorbeeld

Gebede Om Jou Hart Te Seën

DAG 4 VAN 10

’n Hulpkreet


Ek roep tot U met my hele hart; antwoord my tog, Here! U voorskrifte sal ek gehoorsaam. Ek roep na U: Red my, en ek sal u vereistes gehoorsaam. Voor dagbreek roep ek om hulp, en plaas my hoop op u woord. Die hele nag lê ek wakker om u woord te oordink. 

Luister na my roepstem, Here, op grond van u troue liefde. Laat my lewe op grond van u regverdigheid. Sluwe vervolgers kom al nader, maar lewe ver van u gebooie af. Maar U is naby, Here, en al u gebooie is betroubaar. Van lankal af het ek geweet dat u eise nooit verander nie.


-PSALM 119:145-152 (NLV)

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Gebede Om Jou Hart Te Seën

Soms kort jy net die regte woorde om jou gesprek met jou Vader te begin. Hierdie 10 gebede sal jou help om die regte woorde te vind voordat jy self verder uit jou hart uit bid, of jy stil by die Here wil sit, of as ’n groep in gesprek met God wil tree. Hierdie gebede is saamgestel uit die gebedeboek GEBEDE OM JOU HART TE SEËN.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za