Gebede Om Jou Hart Te SeënVoorbeeld

Gebede Om Jou Hart Te Seën

DAG 3 VAN 10

Gebed tydens swaarkry


In my is daar duisternis, maar by U is daar lig; ek is eensaam, maar U verlaat my nie; ek is swak van aard, maar by U is daar hulp; ek is rusteloos, maar by U is daar rus.

In my is daar bitterheid, maar by U is daar geduld; ek verstaan nie u weë nie, maar U weet wat die regte pad vir my is.

Here Jesus Christus, U was arm en in nood, ’n gevangene en net so eensaam soos ek.

U ken al die mens se probleme; U bly by my wanneer alle mense my in die steek laat; U onthou my en soek na my; dit is u wil dat ek U moet ken en my tot U moet wend. Here, ek hoor u roepstem en ek volg U; help my.


-DIETRICH BONHOEFFER

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Gebede Om Jou Hart Te Seën

Soms kort jy net die regte woorde om jou gesprek met jou Vader te begin. Hierdie 10 gebede sal jou help om die regte woorde te vind voordat jy self verder uit jou hart uit bid, of jy stil by die Here wil sit, of as ’n groep in gesprek met God wil tree. Hierdie gebede is saamgestel uit die gebedeboek GEBEDE OM JOU HART TE SEËN.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za