In Diens Van Jesus, in Diens Van AnderVoorbeeld

In Diens Van Jesus, in Diens Van Ander

DAG 4 VAN 5

Vyf Bybelse Beginsels

Dit is uitdagend om ’n leier te wees, want leiers se roeping is om ander mense te help om die beste storie met hulle eie lewe te skryf. Leierskap gaan nie oor daardie drie gewilde persone “Me, Myself and I” nie. Leierskap gaan oor ander. Ek het vyf Bybelse beginsels ontdek wat lewensveranderend is, wat my lewe verander het en wat jou lewe kan verander, waaraan ek myself elke dag herinner. Dit sal jou help om te onthou dat leierskap die fokus op ander plaas.

DIE LEWE IS HARD. Ongelukkig is dit vir niemand van ons ’n geheim dat die lewe soms hard en onregverdig is nie. Geloof is ook glad nie ’n waarborg dat ons ’n goeie, maklike lewe sonder teenspoed gaan hê nie. Geloof is ’n verhouding met God wat juis vir jou die krag gee om hierdie harde lewe te hanteer.

DIE LEWE GAAN NIE OOR MY NIE. Die Bybel leer ons keer op keer dat ander mense saak maak. As gelowiges, maar juis as leiers, is ons hier tot voordeel van ander mense.

EK IS NIE BELANGRIK NIE. Hier gaan dit oor “my ego” wat “onder beheer” is. Mense wil so dikwels “gode” wees. Ons wil nie buig nie, ons wil die gode wees! Maar die hart van Jesus is die teenoorgestelde. Markus 10:45 sê: “Ek het nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien. Om my lewe te gee as ’n losprys.” In Markus 9 en 10 sê Jesus: “As jy in my kring eerste wil wees, moet jy heel laaste wees en almal se dienskneg word.”

EK IS NIE IN BEHEER NIE. Ons voel dikwels dat ons nie in beheer is nie. Hier is waardevolle raad vir jou: Maak betyds vrede daarmee dat jy nie in beheer hoef te wees nie. Jy hoef nie onverskillig te wees nie, maar soos ’n klein kindjie aan die Here se voete rus gevind het, moet ons by die Here rus vind in ons afhanklikheid van Hom.

DIE LEWE IS KORT. Ons moet elke dag voluit vir die Here leef. Dis ons werk as leiers om dit te modelleer en om ander mense te begelei om dieselfde te doen.

Deur ware leiers te wees wat God se beginsels in ander mense se lewens uitdra, kan ons mekaar op waardevolle maniere ondersteun.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

In Diens Van Jesus, in Diens Van Ander

In hierdie 5-dag leesplan praat Stephan Joubert oor die ware aard van leierskap. Hy fokus veral op diens aan ander en hoe leiers ander kan help om die wêreld te sien en te verstaan, om die verlede te evalueer en om vir die toekoms te beplan. Maak die praktiese konsepte jou eie sodat jy mense tot hoër hoogtes kan inspireer.

More

Ons wil graag RightNow Media South Africa bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.rightnowmedia.org/za