Wandel Deur Die GeesVoorbeeld

Wandel Deur Die Gees

DAG 2 VAN 14

Geroep in die duisternis

Dit neem slegs ’n oomblik – ’n asemteug – dan het Ek die onsigbare sigbaar gemaak … en dit wat onbekend was bekend. Wanneer dit voel of die duisternis jou oorweldig, wanneer jy nie jou pad na My toe kan vind of my stem kan hoor nie, weet dat Ek steeds by jou is, Ek waak oor jou hart en rig jou gedagtes. Selfs wanneer jou lewe deurmekaar is, wanneer jy verward is, wanneer jou gebede nutteloos voel en die gewig van die wêreld maak dat jy nie kan asem kry nie, sal my asem jou vernuwe en met hoop vul … selfs wanneer daar niks in jou omstandighede is wat jou verseker dat daar enige hoop oor is nie.

Te midde van die chaos van jou lewe, waak Ek oor jou, en werk Ek in jou. Ek kan sien wat jy nie kan sien nie, Ek weet wat jy nie weet nie. Vertrou My om alles bymekaar te hou wat skynbaar uitmekaarval. Ek weet wat die toekoms inhou, en God het belowe dat goedheid, liefde en genade saam met jou sal wees al die dae van jou lewe. Jy hoef nie bang te wees nie, selfs al is dit donker om jou. Vind vrede in die beloftes en fokus op God. Spreek die Woord hardop, en wanneer jy vertrou op die krag wat jy deur die kruis ontvang het, kan niks jou oorwin nie.

WAARHEID UIT DIE WOORD

God het alles deur Hom geskep. Ja, alles in die hemel en op die aarde – die dinge wat gesien kan word en die dinge wat nie gesien kan word nie, of dit nou konings of heersers, regeerders of maghebbers is – álle dinge is deur Hom en vir Hom geskep. KOLOSSENSE 1:16-17

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Wandel Deur Die Gees

As jy vandag oormoeg, oorwerk of sommer net oorweldig voel, is intieme gebedstyd saam met God net wat jy nodig het. Die 14 gebedsoordekings deur Cherie Hill uit haar dagboek WANDEL DEUR DIE GEES is geskryf as persoonlike boodskappe van die Heilige Gees aan jóú. Ons Voorspraak, Helper en Trooster is elke dag by ons en ons moet ons ons instel op sy stem en bemoediging.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/