Wandel Deur Die GeesVoorbeeld

Wandel Deur Die Gees

DAG 5 VAN 14

Om in verhoudinge te staan

Ek wil nie hê jy moet ooit alleen wees nie. God het ander mense geskep om die lewe met jou te deel en in geloof saam met jou te wandel. Jou lewe sal soveel ryker en vervuld wees as jy ander mense in jou lewe het. Ek het vir jou geskenke gegee waarmee jy ander kan dien en ’n liefdevolle hart om ander so lief te hê soos wat God jou liefhet.

Ek weet verhoudinge kan moeilik wees. Dit kan vir jou groot vreugde bring, maar soms ook leegheid en hartseer. Omdat jy die vermoë het om lief te hê, sal verhoudinge al die emosies meebring wat daarmee gepaardgaan. Ek wil egter hê jy moet volkome liefhê. Laat God se hart deur joune vloei sodat jy goeie dade kan doen en ander bemoedig op hulle lewenspad. Bid vir mekaar. En as jy nie weet wat om te bid nie, sal Ek namens jou bid. Jy het deur My toegang tot God se troon en jy kan in ’n verhouding met Hom en ander mense staan. Moenie die vreugde wat deur jou verhoudinge aan jou geskenk word deur jou vingers laat glip nie.

WAARHEID UIT DIE WOORD

Laat ons voortdurend aandag gee aan mekaar – oor hoe ons mekaar kan aanspoor tot liefde en goeie dade. En laat ons tog nie – soos party gemeentelede die gewoonte het – versuim om die gemeentebyeenkomste by te woon nie. Kom ons moedig mekaar aan, nog meer omdat ons sien dat die dag van Christus se koms al hoe nader kom. HEBREËRS 10:24-25

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Wandel Deur Die Gees

As jy vandag oormoeg, oorwerk of sommer net oorweldig voel, is intieme gebedstyd saam met God net wat jy nodig het. Die 14 gebedsoordekings deur Cherie Hill uit haar dagboek WANDEL DEUR DIE GEES is geskryf as persoonlike boodskappe van die Heilige Gees aan jóú. Ons Voorspraak, Helper en Trooster is elke dag by ons en ons moet ons ons instel op sy stem en bemoediging.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/