Wandel Deur Die GeesVoorbeeld

Wandel Deur Die Gees

DAG 8 VAN 14

Vertrou My

God sal jou dalk vra om die onbekende en oorweldigende te betree. Jy sal oortuig wees dat die reuse waarvoor jy te staan gaan kom onoorwinbaar is en dat die hindernisse onoorkombaar is. Tog sal God jou nooit alleen laat nie, en my krag rus jou toe om in alle areas van die lewe die oorwinning te behaal.

Wanneer jy op die pad stap wat God vir jou voorberei het, gaan jy dikwels dinge doen wat teen die wêreld se manier van doen is. Moenie deur jou emosies gelei word nie, jou hart is deur en deur bedrieglik. Jy moet met elke tree op My vertrou, jou kommer na My toe bring en My vertrou wanneer Ek jou lei in die rigting waarheen God wil hê jy moet gaan … selfs wanneer alles verkeerd voel. Die oorwinnings wat God gee, kom nie altyd maklik nie … jy sal dalk neerlae, hartseer, pyn en leegheid ervaar, maar Ek is by jou. Jy hoef vir niks bang te wees nie, daar is niks wat in die pad sal staan van God se seëninge vir jou nie.

WAARHEID UIT DIE WOORD

Die HERE het groot en magtige nasies voor julle uit verdryf. Tot nou toe was nie een van hulle teen julle opgewasse nie. JOSUA 23:9

Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Wandel Deur Die Gees

As jy vandag oormoeg, oorwerk of sommer net oorweldig voel, is intieme gebedstyd saam met God net wat jy nodig het. Die 14 gebedsoordekings deur Cherie Hill uit haar dagboek WANDEL DEUR DIE GEES is geskryf as persoonlike boodskappe van die Heilige Gees aan jóú. Ons Voorspraak, Helper en Trooster is elke dag by ons en ons moet ons ons instel op sy stem en bemoediging.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/