Wandel Deur Die GeesVoorbeeld
Ek is daar om te help
Jy het God nodig. Vir alles. Hy is water vir jou dorstige siel – die Lewende Water … die Water wat jou nooit weer dors sal laat word nie. God het belowe om by jou te wees, altyd en op alle maniere. Dit is hoekom jy My het. Ek lewe in jou, Ek gee vir jou die kennis en krag om God se doel in jou lewe te vervul. Ek werk in jou … Ek is jou Helper.
Jy probeer die lewe op jou eie aandurf – om dinge op jou tyd en jou manier te doen in plaas van God s’n. En jy word moeg en swak. Jy het my hulp nodig sodat jy sterk genoeg kan wees om op te tree met die geloof wat jy ontvang het. Jy is nie vir een enkele oomblik alleen nie, en jy hoef nie een enkele geveg op jou eie aan te pak nie. Die geveg is God s’n. Jy hoef maar net gelowig stil te staan. Vertrou God, kyk hoe die water voor jou verdeel, verwag brandende bosse en wees verseker van sy getrouheid. God sal jou nooit in die steek laat nie.
WAARHEID UIT DIE WOORD
God is my Helper. Die Here ondersteun my! PSALM 54:6
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
As jy vandag oormoeg, oorwerk of sommer net oorweldig voel, is intieme gebedstyd saam met God net wat jy nodig het. Die 14 gebedsoordekings deur Cherie Hill uit haar dagboek WANDEL DEUR DIE GEES is geskryf as persoonlike boodskappe van die Heilige Gees aan jóú. Ons Voorspraak, Helper en Trooster is elke dag by ons en ons moet ons ons instel op sy stem en bemoediging.
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/