Wandel Deur Die GeesVoorbeeld

Wandel Deur Die Gees

DAG 11 VAN 14

Ek sal jou dra

Wanneer jy nie asem kry nie, wanneer jou knieë knak en jy nie verder kan gaan nie, is Ek by jou. Selfs al voel jy heeltemal verwerp en alleen, kan jy weet jy is nie. God se liefde en krag sal jou help om op te kyk na waar jou hulp vandaan kom.

Daar sal tye wees wanneer jy nie my teenwoordigheid kan aanvoel nie. Jy sal My soek, maar seker wees dat jy My nie kan kry nie. Ek kruip nie weg nie … Ek is hier. Ek is in jou sodat Ek jou siel kan vernuwe. Ek sal jou vul met die Woord van God. Ek sal jou geloof versterk sodat jy kan bid en vertrou op die Een wat alles moontlik maak. Die wonderwerk wat jy nodig het, is net ’n gebed ver; daarom moet jy nooit ophou bid nie. Luister na my fluistering dat alles reg sal uitwerk. Sit in stilte terwyl Ek jou verseker van jou hemelse Vader se liefde vir jou. Daar is niks wat Hy nie vir jou kan of sal doen nie. Daar is niks goeds wat Hy van jou sal weerhou nie. Sy seëninge is oneindig en Ek sal jou in sy heerlike teenwoordigheid bring.

WAARHEID UIT DIE WOORD

Moenie bang wees nie. Ek is daar om jou te help! JESAJA 41:13

Dag 10Dag 12

Aangaande hierdie leesplan

Wandel Deur Die Gees

As jy vandag oormoeg, oorwerk of sommer net oorweldig voel, is intieme gebedstyd saam met God net wat jy nodig het. Die 14 gebedsoordekings deur Cherie Hill uit haar dagboek WANDEL DEUR DIE GEES is geskryf as persoonlike boodskappe van die Heilige Gees aan jóú. Ons Voorspraak, Helper en Trooster is elke dag by ons en ons moet ons ons instel op sy stem en bemoediging.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/