God Se Kragtige Liefde Voorbeeld

God Se Kragtige Liefde

DAG 5 VAN 7

God sal jou nooit verlaat nie

Hoe ondankbaar is hierdie volk nie! Die Here het hulle uit slawerny in Egipte bevry, maar toe dinge ’n bietjie moeilik gaan, draai hulle teen Hom.

Hoekom doen ons dit? Wanneer dinge moeilik raak, kla ons en draai ons teen die Een wat ons die liefste het. Ons lees in Johannes 15:13: “Niemand het ’n groter liefde as hierdie nie: dat iemand sy lewe opoffer ter wille van sy vriende.”

Onthou jy daardie ou gedig van die voetspore in die sand? Dit gaan mos oor ’n man wat in ’n droom sy hele lewe sien. In die droom sien hy twee rye voetspore, sy eie en God s’n. Tot sy groot ontsteltenis sien hy egter net een ry voetspore in die sand gedurende daardie tyd in sy lewe toe dit die heel swaarste met hom gegaan het. Hy wou weet hoekom dit so is. Die Here sê toe vir hom: “My liewe kind, Ek het jou lief en sal jou nooit verlaat nie. Gedurende daardie moeilike tye in jou lewe waar jy net een ry voetspore sien, het Ek jou gedra.”

Dit maak nie saak wat in jou lewe gebeur nie, God sal altyd daar wees vir jou. Hy sal jou nooit verlaat nie. Glo dit met jou hele hart.

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

God Se Kragtige Liefde

“God se liefde is die sterkste krag in die wêreld. Jy kan dit glo en elke dag onthou. Dit maak nie saak wat in jou lewe gebeur nie, God sal altyd daar wees vir jou. Hy sal jou nooit verlaat nie. Glo dit met jou hele hart!” Dit is Angus Buchan se boodskap oor God se ewigdurende liefde in hierdie 7 oordenkings uit sy dagboek ALLES WAT EK NODIG HET.

More

Ons wil graag Christelike Kunsuitgewers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/