God Se Kragtige Liefde Voorbeeld

God Se Kragtige Liefde

DAG 7 VAN 7

Soek die Here

Ons moet heel eerste glo dat God God is, en tweedens moet ons weet as ons Hom heelhartig soek, sal ons Hom vind en Hy sal ons beloon. Onthou, die krag lê nie bloot in die Naam Jesus nie; dit is om die Naam te ken en om Hom te ken. Hy beloon dié wat Hom vertrou. Ek en jy moet vandag die Naam van die Here vertrou.

Ons lees in Kolossense 1:27: “Christus leef in julle. Dit is die vooruitsig dat julle in die hemelse heerlikheid sal deel.” Die duiwel is vir niks bang nie buiten vir die Here wat in ons woon. Baie mense ken die Bybel uit hul kop uit, maar het nog nooit die Outeur van die Bybel ontmoet nie. Ons moet die Here leer ken en onthou dat Hy sorg vir almal wat Hom heelhartig soek. Hy sal dié wat Hom met al hul krag soek nie ignoreer nie. Almal wat Hom met hul hele hart soek, sal Hom vind.

God sal altyd geloof beloon; nie goeie werke of ons beste pogings nie. Hoekom? Wel, geloof is om sy Naam te eer. As jy vandag in die geloof uitgaan, sal God jou ontmoet, want Hy het jou lief.

Hierdie oordenkings is saamgestel uit ALLES WAT EK NODIG HET deur Angus Buchan © Christelike Uitgewersmaatskappy.

Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

God Se Kragtige Liefde

“God se liefde is die sterkste krag in die wêreld. Jy kan dit glo en elke dag onthou. Dit maak nie saak wat in jou lewe gebeur nie, God sal altyd daar wees vir jou. Hy sal jou nooit verlaat nie. Glo dit met jou hele hart!” Dit is Angus Buchan se boodskap oor God se ewigdurende liefde in hierdie 7 oordenkings uit sy dagboek ALLES WAT EK NODIG HET.

More

Ons wil graag Christelike Kunsuitgewers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/