Die Kuns van OorlewingVoorbeeld

Die Kuns van Oorlewing

DAG 2 VAN 5

ʼn Ingesteldheid om te Kweek

Daar is ʼn oorlogsgevangene wat nege jaar se wrede aanhouding oorleef het. Toe hy uiteindelik vrygelaat is, het iemand vir hom gevra hoe hy dit oorleef het siende dat baie ander mense dit nie gemaak het nie. Hy het sonder aarseling geantwoord dat dié wat ʼn vinnige redding bly verwag het voortdurend teleurstelling ervaar het. Hulle het later moed en alle hoop verloor en op die ou end ook hulle lewens.

Die realiste, eerder as die optimiste, wat hulself gestaal het teen die swaarkry was emosioneel beter daarop voorbereid om te volhard. Omdat daar jaar na jaar nie voldoen is aan die optimiste se verwagtinge nie het hulle later hulle fokus verloor en opgehou om een dag op ʼn slag te leef en te bly volhard.

Daar is niks verkeerd daarmee om optimisties te wees nie! Die Bybel doen ʼn beroep op ons om met hoop te lewe. Ons word egter nie geroep om met die valse verwagting dat alles altyd goed sal gaan, te lewe nie.

Jakobus sê dat die beproewing van ons geloof ons fokus op God verskerp en volharding meebring. Net soos wat ʼn gewigopteller se spiere bietjies skeur tydens ʼn strawwe oefensessie en dan sterker teruggroei voor die volgende sessie word ons geloof getoets wanneer ons deur swaarkry gaan. Maar dit is wat op die ou end volharding bou!

Hier is drie vrae wat ons kan help om te volhard.

V1: Wat kan ek beheer wanneer my wêreld in duie stort?

A1: Jy kan jou ingesteldheid beheer. Deur God se goedheid en genade kan jy te midde van swaarkry steeds blydskap kies. Moet dit egter nie verwar met gevoelens nie; jy voel dalk nie baie bly nie. Maar jy kan weier om tou op te gooi.

V2: Wat moet ek doen om deur vandag te kom?

A2: Jy moet volhard. Hoe meer ons God vertrou en getrou bly volhard, hoe sterker word ons. Baie van die stres wat ons vandag ervaar, word veroorsaak deur ons kommer oor môre. God het ons egter nie aangesê om ons eie toekoms uit te lê nie, ons is eintlik veronderstel om net op sy genade staat te maak en een dag op ʼn slag te lewe.

V3: Wat is my hoop vir môre?

A3: Die antwoord is dat jou hoop geanker moet wees in wie God is. Hy het altyd ons beste belange op die hart. Hy kan die mees desperate situasies in ons lewens omkeer en gebruik om sy planne tot uitvoering te bring en ons te bevoordeel.

So vandag kan jy ʼn ingesteldheid van blydskap en geloof kweek. God se krag kom juis tot sy volle werking wanneer jy swak is. Dit maak nie saak wat in die toekoms oor jou pad kom nie, jy kan dit aanpak met die wete dat jy die genade sal ontvang om dit te oorkom. God sál daar wees vir jou.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Die Kuns van Oorlewing

In hierdie sondige wêreld is ons lewens vol swaarkry en beproewings. Miskien bevind jy jou tans midde-in so ʼn beproewing en daar maal omwillekeurig vrae deur jou kop: “Hoekom?” of selfs “Hoe gaan ek hierdeur kom?” In hierdie vyf-dae leesplan deel Chip Ingram met ons hoe ons God se blydskap kan ervaar, selfs te midde van swaarkry, as ons die Kuns van Oorlewing bemeester.

More

Ons wil graag vir Living on the Edge bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://livingontheedge.org/product/art-of-survival-book/