Die Kuns van OorlewingVoorbeeld
ʼn Nuwe teologie om te glo
Ek het een keer saam met ʼn groep pastore in Hong Kong gaan uiteet. Die een pastoor vertel toe vir ons hoe amptenare van die kommunistiese party toegeslaan het op sy huis, waar sy huiskerk bymekaargekom het, terwyl hy op reis was. Sy vrou het inderhaas almal by die agterdeur laat uitglip. En toe het sy vir die amptenare gesê dat sy die pastoor is. Hulle het haar na die polisiestasie toe geneem en vir twee dae lank geslaan.
Daar het onwillekeurig woede in my binneste opgewel. Hoe sou ek reageer as iemand dit aan mý vrou moes doen? Die pastoor het sy storie afgesluit met die volgende verstommende woorde: “Kan jy glo dat God ons waardig geag het om vir Hom te ly?”
Die manier waarop ons op lyding reageer, openbaar iets van ons teologie, ons denkraamwerk oor God se karakter en wat Hy besig is om in ons lewens te doen. As ons ontmoedig raak, is dit dalk ʼn aanduiding dat ons die verkeerde perspektief op die saak het.
Ontmoediging is een van die vyand se kragtigste wapens. Dit kalwe mettertyd ons vaste vertroue weg en laat ons hoop verloor. Dit laat mens voel asof niks ooit gaan verander nie. So hoekom probeer ons dan nog? Hierdie tipe denkpatrone laat toegewings en selfs tou opgooi na realistiese opsies lyk.
Maar God gee vir ons ʼn ander teologie – ʼn goddelike perspektief wat gebaseer is op hoe lief Hy ons het en hoe Hy ons toekoms in die palm van sy hand hou. En wanneer hierdie perspektief werklik in ons harte posvat, verloor ontmoediging alle mag oor ons.
Voel jy vandag ontmoedig? Kry God se perspektief, sy teologie, oor:
- Jou omstandighede:
Kyk na jou omstandighede deur oë vol geloof. Hierdie omstandighede plaas jou in ʼn posisie waar jy absoluut afhanklik van God is en dit is van onskatbare waarde, vir nou en vir ewig. - Jou toekoms:
Kyk na jou toekoms met oë vol hoop. As jy in Jesus glo, sal alle pynlike ervarings op die ou end die moeite werd wees. - Jou motivering:
Die oorwinningskroon van die lewe word beloof aan dié wat Hom liefhet en daardie oorkoepelende motivering vestig ons oë op die ewigheid. Ons kan alles oorkom wanneer ons dit vir liefde se onthalwe doen.
Mediteer vandag op die Skrifgedeelte in Jakobus en vra God met vrymoedigheid vir sy hulpbronne.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
In hierdie sondige wêreld is ons lewens vol swaarkry en beproewings. Miskien bevind jy jou tans midde-in so ʼn beproewing en daar maal omwillekeurig vrae deur jou kop: “Hoekom?” of selfs “Hoe gaan ek hierdeur kom?” In hierdie vyf-dae leesplan deel Chip Ingram met ons hoe ons God se blydskap kan ervaar, selfs te midde van swaarkry, as ons die Kuns van Oorlewing bemeester.
More
Ons wil graag vir Living on the Edge bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://livingontheedge.org/product/art-of-survival-book/