Johannes 3:16 God Is LiefdeVoorbeeld
God se liefde is: PERSOONLIK
"....enigste Seun ...”
Jesus het na die wêreld toe gekom om vir ons God se liefde in vlees en bloed te kom wys. Dis ons taak as gelowiges, om mense te help onthou wie God vir ons is.
Joe was ‘n dronkie wat wonderbaarlik tot bekering gekom het tydens ‘n uitreikingsaksie. Voor sy bekering het hy die reputasie gehad van ‘n dronkaard en skelm, vir wie daar geen hoop was nie, maar na sy bekering het alles verander. Hy het die sagste, vredeliewendste mens geword wat almal net wou help by die plek van veiligheid waar hy gebly het.
Niemand het ooit iets van hom gevra wat hy as benede hom beskou het nie — of dit nou was om ‘n dronkie se braaksel op te vee of om die toilette te skrop. Hy sou help om enigiemand te voer wat van die strate af ingekom het of om iemand, wat self te swak was, in die bed te sit en mooi warm toe te maak.
Een aand, nadat die hoof sy boodskap uit die Bybel gegee het, het een van die mans neergeval en gepleit dat God hom help om te verander. Hy het die heeltyd uitgeroep: “O Here, maak my soos Joe! Maak my soos Joe!” Die hoof het oorgeleun en gesê: “Sal dit nie beter wees as jy bid, maak my soos Jesus nie?”
Na hy ‘n rukkie daaroor gedink het, het die man gretig na hom gekyk en gevra: “Is Hy soos Joe?”
Wat ‘n wonderlike storie oor hoe ons moet lewe. Lewe jy op so ‘n manier dat jy mense herinner aan die eniggebore Seun van God?
Aangaande hierdie leesplan
In hierdie leesplan kyk ons na Johannes 3:16 – die Evangelie in ‘n neutedop. Aan die hand van die vers sê ons vir mekaar hoe God se liefde is: Onvoorwaardelik, opofferend, waardevol, persoonlik, toeganklik, nie veroordelend en voordelig.
More
Ons wil graag NHKA bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://witfontein.co.za/