Johannes 3:16 God Is LiefdeVoorbeeld
God se liefde is: VOORDELIG
"... maar die ewige lewe sal hê.”
Meer as 50 jaar gelede, by ‘n Universiteit in Baltimore, het ‘n jong sosiologie professor vir sy klas ‘n opdrag gegee om onderhoude te voer met 200 jongmense wat in die onderdorp se agterstrate gebly het. Hy het hulle gevra om die jong mans se toekoms te voorspel. Die studente het voorspel dat 90% van die jong mans tyd in die tronk sou deurbring. 25 jaar later het dieselfde professor sy nuwe klas opdrag gegee om daardie oorspronklike jong manne op te spoor en te hoor wat van hulle geword het. 180 van die manne is opgespoor en slegs 4 was ooit in die tronk. Hoekom was die voorspellings so ver verkeerd?
Hulle het gesoek vir ‘n gemeenskaplik faktor tussen die manne – oor die 100 het genoem dat daar ‘n onderwyseres was wat ‘n baie sterk invloed op hulle lewe gehad het. Hulle het die juffrou opgespoor in ‘n Ouetehuis, ‘n 70 jaar oue Sheila O’Rouke. Verbaas oor die belangstelling in haar, is al wat sy kon sê: “Al wat ek ooit gedoen het, was om hulle elkeen lief te hê.”
Dis die krag van liefde.
As dit die gevolg is van om liefgehê te word deur ‘n onvolmaakte, menslike liefde, wat moet dan die gevolge wees daarvan om liefgehê te word met ‘n perfekte, goddelike liefde? As gevolg van die onderwyseres se liefde het elkeen van die seuns ‘n lewe gehad, maar as gevolg van God se liefde kan elkeen van ons die Ewige Lewe hê.
Aangaande hierdie leesplan
In hierdie leesplan kyk ons na Johannes 3:16 – die Evangelie in ‘n neutedop. Aan die hand van die vers sê ons vir mekaar hoe God se liefde is: Onvoorwaardelik, opofferend, waardevol, persoonlik, toeganklik, nie veroordelend en voordelig.
More
Ons wil graag NHKA bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://witfontein.co.za/