Wat Is Ware Liefde?Voorbeeld

What Is True Love?

DAG 6 VAN 12

Hoe Ons VOEL Is Nie Altyd Hoe Dinge REGTIG Is Nie

Dink na oor hierdie opskrif. Ons emosies kan ons so maklik om die bos lei. Die gesindheid waarmee ons iets doen, openbaar aan ons of ons liefhet of nie, meer as wat ons gevoelens doen. Selfs al doen ons introspeksie, is ons denke verwronge. Ons is blind en kan skaars sien wat werklik aangaan. Ons is so trots op die een of twee dinge wat ons in 'n dag opoffer, maar die res van die dag doen ons net wat ons wil om ons eie begeertes te bevredig.

Wat verklap jou dade oor jou?

Hoe kan ons ware liefde ervaar as ons grootgeword het in 'n selfgesentreerde wêreld? Hoe kan ons die verskil raaksien en waar moet ons begin? Ons moet verstaan wie en wat God is. God is liefde. Hy is die bron en wat Hy doen en wie Hy is, help ons om te verstaan wat ware liefde is.

Genadiglik hang God se liefde nie af van wat ons doen of nie doen nie. Prys God vir sy genade, want nie een van ons verdien sy liefde nie. Dit is deur Christus dat ons God se liefde ontvang het. Dit beteken ons weet wat die bron van ware liefde is. Met ons bekering ontvang ons sy liefde, deur genade. Sy Heilige Gees gee dit vir ons. Om hierdie rede kan ons God en mense liefhê.

  Dit beteken dat al ons optredes uit liefde spruit.

Ken jy die liefde van Christus? Het jy God en sy Seun se liefde ontvang? Weet jy wat die werklikheid van die evangelie is?

Die Here wil so graag hê dat ons sy liefde in nederigheid sal ontvang en daarvolgens optree. Hy sal ons ontmoet waar ons ook al onsself bevind — of ons bly, hartseer of teleurgesteld is en of ons verloor het of die oorwinning behaal het. Hy wil hê ons moet weet dat Hy ons regtig liefhet. Hy wil hê dat ons sy liefde moet vertrou. Kom na Hom toe met al jou bekommernisse, al jou vrese, al jou sondes en moeilikhede. Lê dit voor sy voete neer en ontvang sy genade, barmhartigheid en liefde in ruil daarvoor.

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

What Is True Love?

Almal wil weet wat liefde eintlik is. Min mense kyk egter wat die Bybel oor liefde sê. Liefde is een van die sentrale temas van die Skrif en die belangrikste aspek van die Christelike lewe. Hierdie leesplan van Thistlebend Ministries, ondersoek die Bybelse betekenis van liefde en hoe om God en mense beter lief te hê.

More

Baie dankie aan Thistlebend Ministries wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.thistlebendministries.org