Wat Is Ware Liefde?Voorbeeld
Self-liefde Moet Nie Ware Liefde Verhinder Nie
Self-liefde keer nie net ware liefde nie, dit vernietig dit.
Wat is selfbeheptheid? SELF. Vrees. Ongeloof. Wantroue. Teenstrydige gedagtes. Teenstrydige gevoelens. Onheilige self-gesentreede passies en begeertes. Woede. Seer ... diep seer. Emosies en herinneringe wat by jou spook. Onwaarhede. Sukses. Roem. Rykdom. Self-verheerliking. Die rede vir 'n gebrek aan ware liefde is dat die mens op homself fokus in plaas daarvan om op God en ander mense te fokus.
Waarop fokus jy? Waaraan wy jy jou tyd, jou geld, jou besittings, jou talente en jou liefde? Waaraan dink jy deur die loop van die dag? Watter woorde kom uit jou mond? Met ander woorde, waaroor praat jy en oor wie praat jy? Is jy op jouself gefokus?
Alhoewel ons ons lewe op Christus bou, is dit nutteloos as ons self die bouwerk wil doen. God kan ons egter vergoed en die jare herstel wat die sprinkaanswerms by ons gesteel het. Hy kan dit wat die bose teen ons wou gebruik, ten goede aanwend. Hy kan selfs ons sondige, selfsugtige doen en late gebruik om vir ons sy liefde, genade en barmhartigheid te wys.
Dink vir 'n oomblik hieroor en bid dan hierdie gebed:
“Here, laat my sien wat in my hart aangaan. Is daar liefde? Is daar seer? Trots? Woede? Selfsug? Wat weerhou my daarvan om u liefde te ken en daarin te leef? Ek wil hierdie ware liefde so goed ken dat ek die liefde van die evangelie kan verkondig met my woorde en my lewe. Volgens Paulus het ons niks as ons nie liefde het nie. Wees my genadig. In die Naam van Jesus. Amen."
Neem die Waarheid ter Harte: Kies 'n Skrifgedeelte om ter harte te neem, wat jou hart en verstand sal vernuwe.
Begrawe die Ou Self: Watter spesifieke sonde in jou lewe word aangespreek deur die Skrif waarvan jy 'n nota gemaak het? Paulus sê baie duidelik dat ons van die ou mens ontslae moet raak.
Leef die Waarheid: Word 'n nuwe mens in Christus. Watter spesifieke aanpassings moet jy maak ten opsigte van jou gedagtes, gesindheid en optrede, om jouself aan God te onderwerp en sy waarhede deel van jou lewe te maak?
Aangaande hierdie leesplan
Almal wil weet wat liefde eintlik is. Min mense kyk egter wat die Bybel oor liefde sê. Liefde is een van die sentrale temas van die Skrif en die belangrikste aspek van die Christelike lewe. Hierdie leesplan van Thistlebend Ministries, ondersoek die Bybelse betekenis van liefde en hoe om God en mense beter lief te hê.
More