Woorde Vir 'n Manier Van LeweVoorbeeld

Woorde Vir 'n Manier Van Lewe

DAG 2 VAN 15

Jy is geroep om volledig jy te word in hierdie lewe, want dan kan jy die grootste en die beste bydrae in hierdie lewe lewer, as jy volkome jy kan wees, want baie ander kan doen wat ander mense doen, maar niemand kan doen presies dit wat jy kan doen nie. Dit is wanneer jy agterkom waarvoor jy hier is, wie jy eintlik is. Jy is aanmekaargesit om te dien, om op ‘n unieke manier ‘n bydrae te lewer wat net jy kan doen, en as jy dit nie doen nie is hierdie wêreld ‘n armer plek.

Ons begin God se lewenstaak vir ons ontdek wanneer ons Hom begin volg.

Saulus het gedink hy het weet wat sy doel is – om in mag en posisie en vrees te funksioneer en die Jode en gelowiges uit te roei. Maar Jesus kom en sê – jy is meer. Jy is Paulus. DIS wie jy regtig is. Ek roep jou vir iets meer en groter. Ek roep jou om op ‘n ander manier te funksioneer.

Is dit nie wat Jesus elke keer doen wanneer hy met mense te doen kry nie? As hulle Hom volg, begin hulle ontdek wie hulle regtig is. Ons ontdek ons ware self saam met Christus. Jy begin agterkom daar is prikkels, daar is ‘n roepstem, daar is bewegings wat jou roep na iets meer en iets groter.

Jy sal ervaar dat jy sal begin verander. En jy sal God se karakter begin weerspieël. Dit sal 'n paar maande, dalk 'n paar jaar duur. Dit sal 'n leeftyd neem. Maar dit is 'n reis. Dit is 'n reis wat jy saam met die Here onderneem.

En dis nie al nie – Hy gaan jou ‘n nuwe passie gee. Hy gaan jou vissers van mense maak. Jesus vat die passie wat jy reeds het, jou talente en gawes en sê: "Ek gaan jou te midde daarvan my hart, my passie vir mense gee." Is jy ‘n sakeman – doen besigheid met mense; berader – gee mense raad; finansiële bestuurder — help mense met hul finansies. God gaan jou ‘n hart gee vir mense. Dis wat gebeur as ons Jesus volg. Jou lewenstaak raak deel van God se hart vir mense.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Woorde Vir 'n Manier Van Lewe

Mooi woorde is soos heuning; dit is goed vir die gees en bevorderlik vir die lewe. Spr. 26:24 DB. Die kwaliteit van ons lewe is afhankllik van die woorde wat ons spreek. Wanneer ons die krag van woorde verstaan, en besef dat ons kan kies wat ons dink en praat, kan ons lewens getransformeer word. God gebruik die woorde wat ons spreek om ons te vorm en lewe te bring.

More

Ons wil graag vir Mosaiek bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.mosaiek.com/