Woorde Vir 'n Manier Van LeweVoorbeeld
Ons begin God se persoonlike lewenstaak vir ons ontdek wanneer ons lig in die duisternis bring.
Dit beteken nie dat “om te gaan” ons altyd na 'n ander land moet gaan nie. Die belangrikste sendingreis waarop jy gaan, is wanneer ek jy by die huis instap of in jou kar klim en werk toe gaan. Dit is ons sendingreis en jy beweeg in die duisternis van hierdie wêreld in, dis waar ons lig bring.
Ons bring lig deur soveel goed as moontlik by daardie plek te doen. Jesus sê vir Paulus - want hiertoe het Ek aan jou verskyn om jou te bestem tot 'n dienaar en getuie.
Ons word dienaars wanneer ons goed doen aan ander. Ek kan nie doen wat jy kan doen nie en jy kan nie doen wat ek kan doen nie. Doen goed waar JY is.
Doen al die goeie wat jy kan met al die middele tot jou beskikking, vir so lank as wat jy kan.
Dien deur te luister, teenwoordig te wees, te ag, belang te stel, te aanvaar, lief te hê. Groet jou kollegas, praat met hulle, wees sensitief vir mense in die werkplek wat in die agtergrond bly, doen werk met integriteit, weier om saam te werk met wat boos en korrup is, wees in plekke van konflik sonder om nog kwaad daarby te voeg.
Dis ‘n lewenswyse. Dit is ‘n bewussyn wat ek kweek om verder te gaan. Dis om myself doelbewus te deel en te gaan waar God my plaas of wat Hy oor my pad stuur.
Aangaande hierdie leesplan
Mooi woorde is soos heuning; dit is goed vir die gees en bevorderlik vir die lewe. Spr. 26:24 DB. Die kwaliteit van ons lewe is afhankllik van die woorde wat ons spreek. Wanneer ons die krag van woorde verstaan, en besef dat ons kan kies wat ons dink en praat, kan ons lewens getransformeer word. God gebruik die woorde wat ons spreek om ons te vorm en lewe te bring.
More
Ons wil graag vir Mosaiek bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.mosaiek.com/