Woorde Vir 'n Manier Van LeweVoorbeeld

Woorde Vir 'n Manier Van Lewe

DAG 8 VAN 15

Hier is van ons vandag wat onsself moet vergewe. Vir onsself jammer moet sê. Jy verwyt jouself lank genoeg. Weet jy wat doen ons as ons onsself nie kan vergewe nie? Ons sê die bloed van Christus is genoeg vir God, maar dis nie genoeg vir my nie. Kan jy die trots en die hoogmoed in jou daad besef en sien? Dis genoeg vir God, en dis tyd om dit te laat gaan, daardie woede wat teen jouself gerig is.

Die kompleksiteit van wie ons is, sal ons baie keer onkant vang en dus sal ons onsself dikwels moet vergewe. Leef met die wete dat God se genade 'n put is wat nooit uitgeput word nie.

God sê nooit dis nie reg nie, maar daar gaan dalk mense wees wat sê jy het my te seer gemaak - jy moet jouself vergewe want God het jou vergewe. Daardie gebeurtenis kan jou nie langer so afpers dat jy nie kan aangaan nie. Dit mag dalk vra dat jy restitusie moet gaan bring of maak – ek kan nie R10 000 uit iemand se rekening vat en jammer sê en dink dit maak alles reg nie. Soms gaan dit van jou vereis om te herstel te ondervind, maar die ander party wil nie die restitusie of versoening ontvang of gee nie, dan moet jy bereid wees om aan te gaan al kry jy dit nie – God gee dit vir jou. Neem daardie tree sodat jy jouself ook kan vergewe en vrygemaak kan word.

Ek wil op 'n praktiese noot eindig. Ek gaan nou vir jou drie sinne van drie woorde elk gee. Hierdie is 9 woorde wat jou lewe kan verander, en ek wil jou vra om een ​​van hierdie drie sinne te kies, en oor die volgende 24 uur wil ek jou nooi om die sin wat jy gekies het met God, of met iemand anders of met jouself vandag of môre daaroor te praat.

Hier is die eerste sin: Ek was verkeerd. Is daar iets wat jy verkeerd gedoen het? Wat moet jy erken?

Hier is die tweede sin. Ek is jammer. Is daar iets wat jy voel jy aanhoudend vermy, maar diep in jou binneste weet jy jy moet jammer sê.

Hier is die derde sin: Ek vergewe jou. Is daar iemand wat jy moet vergewe? Is daar ‘n gebeurtenis wat by jou opkom?

Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Woorde Vir 'n Manier Van Lewe

Mooi woorde is soos heuning; dit is goed vir die gees en bevorderlik vir die lewe. Spr. 26:24 DB. Die kwaliteit van ons lewe is afhankllik van die woorde wat ons spreek. Wanneer ons die krag van woorde verstaan, en besef dat ons kan kies wat ons dink en praat, kan ons lewens getransformeer word. God gebruik die woorde wat ons spreek om ons te vorm en lewe te bring.

More

Ons wil graag vir Mosaiek bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.mosaiek.com/