Woorde Vir 'n Manier Van LeweVoorbeeld

Woorde Vir 'n Manier Van Lewe

DAG 9 VAN 15

Wanneer laas het jy die woord “Wow!” gebruik? Of het jy ʼn ander woord daarvoor. My ouma se woord is: ”My heerlikheid, my kind!” Is jou woord dalk: “Ek kan dit nie glo nie! Dis wonderlik! Dis fantasties!” Dis ʼn baie algemene ervaring. Ons gebruik hierdie woord wanneer ons verras en verbaas is. Ons is verwonderd daaroor.

As kind is dit ʼn baie algemene ervaring en dit is so dat ons met tyd al hoe minder so ʼn ervaring het. En ek vra jou, wanneer ervaar jy dit? Het dit miskien met kuns te doen, miskien is dit musiek, is dit deur die natuur? Wat is dit wat jou na daardie plek toe vat wanneer jy “Wow!” sê?

Hierdie ervaring kan beskryf word as ʼn mistieke ervaring omdat daar so 'n groot deel van hierdie ervaring is wat jy nie kan beskryf nie. Dit is bekend sonder dat jy dit volkome ken. En dan wonder ʼn mens, as Jesus sê dat ons meer soos ʼn kind moet word, of ons nie weer moet teruggaan om hierdie vermoë waarmee ons gebore is, te herwin nie. Of ons nie meer in verwondering moet staan oor dinge nie.

Dis iets wat gebeur het wanneer mense met Jesus te doen gekry het. Hulle was elke keer verbaas, hulle was verwonderd. Sy Naam, sê die profeet, is wonderbaar. As jy met Hom te doen kry, gaan jy verbaas wees. Jy gaan verwonderd wees. Paulus se groot opdrag aan Timoteus is: “Pursue a life of wonder.”

Verwondering praat van ʼn sekere soort bewussyn waarmee jy kan leef. Ons sien dat dit die manier is waarop Jesus geleef het. En dis wat hierdie Psalm ook doen. Dawid vertel van sy ervaring van verwondering.

Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

Woorde Vir 'n Manier Van Lewe

Mooi woorde is soos heuning; dit is goed vir die gees en bevorderlik vir die lewe. Spr. 26:24 DB. Die kwaliteit van ons lewe is afhankllik van die woorde wat ons spreek. Wanneer ons die krag van woorde verstaan, en besef dat ons kan kies wat ons dink en praat, kan ons lewens getransformeer word. God gebruik die woorde wat ons spreek om ons te vorm en lewe te bring.

More

Ons wil graag vir Mosaiek bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.mosaiek.com/