Woorde Vir 'n Manier Van LeweVoorbeeld
Die uitnodiging van Paulus vir die jong Timoteus wat in ʼn wêreld vol ongeregtigheid leef, was: “Fokus jy op liefdadigheid. Fokus jy om ʼn hart van liefdadigheid te hê. Van die groot eienskappe van liefdadigheid is goeie werke, vrygewigheid en mededeelsaamheid. Lê jou daarop toe. Dis deugde, dis nie ʼn vrug van die Gees nie. Dis iets waaraan jy moet werk en deur God se genade kan dit in jou tot stand kom." Die Romeinse regering het destyds oorgeneem, daar was onreg, rassisme , klasse verskille, seksisme, mense wat ly, lyke wat in die rivier afkom.
Vandag fokus ons net op een van hulle – vrygewigheid. Hoe kan ek vrygewigheid in my lewe kweek? In die eerste plek, deur my Bron te erken. Paulus sê: “Let op die lewende God wat ons alles ryklik verleen.” So, wat hy sê is, verken God ʼn bietjie. Kyk na Hom. Hy is vrygewig. Alles wat jy het, het Hy vir jou gegee.
Ek meen, die grootste geskenk wat jy kan kry is die geskenk van die lewe. Sonder daardie geskenk bestaan jy nie, kan jy nie enige geskenk ontvang nie. Hy het jou die lewe gegee. Dink vir ʼn oomblik net aan jou fisieke lewe. Molekules wat saamkom om selle te vorm sodat jy ʼn lewende organisme kan wees, al jou organe wat saamwerk. Op ʼn dag is daar ʼn besluit wat geneem word, of iets gebeur, en hulle werk nie meer saam nie, en dan word stof weer stof.
Maar nou het jy die gawe van lewe. Jou organe werk, jou hart klop, jy haal asem. Jy kry kos uit die aarde uit. Jy eet. Dis nie al wat jou lewe is nie. Nie net fisiek nie. Jy het mense in jou lewe. Jy het iets wat jy kan doen. Jy bevind jouself op ʼn bepaalde plek. Nou, hier is die groot idee: dit alles is van God af. God gee nie net vir jou die lewe nie. Hy hou jou lewe in stand en Hy is diep betrokke in jou lewe.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Mooi woorde is soos heuning; dit is goed vir die gees en bevorderlik vir die lewe. Spr. 26:24 DB. Die kwaliteit van ons lewe is afhankllik van die woorde wat ons spreek. Wanneer ons die krag van woorde verstaan, en besef dat ons kan kies wat ons dink en praat, kan ons lewens getransformeer word. God gebruik die woorde wat ons spreek om ons te vorm en lewe te bring.
More
Ons wil graag vir Mosaiek bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.mosaiek.com/