Woorde Vir 'n Manier Van LeweVoorbeeld
In die tradisie van die kerk verwys ons na die Bybel as die Heilige Geskrif, wat beteken dat dit afgesonder is, dat dit anders is as enige ander boek. Die Heilige Gees het die persone wat geskryf het, geïnspireer. Hulle vertel verhale van hulle ervarings van die Here en met die Here en wanneer jy hierdie stories lees, is dieselfde Gees teenwoordig wat daar was wat daardie persone geïnspireer het. En iets kan met jou gebeur.
Dawid skryf in Psalm 19 dat hy lewenskrag kry. Hy kry wysheid. Dit bring vreugde. Dit doen iets aan die siel. Dit verkwik my siel. Die broer van Jesus, Jakobus, sê in Jakobus 1:18: “Ontvang met sagmoedigheid die ingeplante woord van God wat in staat is om jou siel te red.” Dis geweldige woorde. Daar is 'n bron. Daar is ʼn plek. Daar is ʼn boek en wanneer jy in staat is om te kan hoor, om te kan sien, raak daai boek ʼn lewendige boek.
Dit doen iets aan jou en laat jou met verwondering. Dawid sê: “Dis soos heuning.” In die tyd van Jesus het die rabbi’s die jong kinders die eerste vyf boeke van die Bybel voor die ouderdom van vyf probeer leer. Hulle het elke dag heelwat tyd gebruik en een van die maniere wat hulle gebruik het, was om van heuning gebruik te maak. Dit was die destydse sjokolade. Dit was die lekkerste, soetste wat jy kon proe. En dan het hulle dit gevat en met herhaling vir die kinders heuning gegee om te proe, om die assosiasie te maak dat die Bybel soet is en hulle so te help om die Woord te memoriseer. Dis wonderlik. Die Woord van die Here is soos ons hedendaagse sjokolade.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Mooi woorde is soos heuning; dit is goed vir die gees en bevorderlik vir die lewe. Spr. 26:24 DB. Die kwaliteit van ons lewe is afhankllik van die woorde wat ons spreek. Wanneer ons die krag van woorde verstaan, en besef dat ons kan kies wat ons dink en praat, kan ons lewens getransformeer word. God gebruik die woorde wat ons spreek om ons te vorm en lewe te bring.
More
Ons wil graag vir Mosaiek bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.mosaiek.com/