Kapasiteit: Student LeierskapVoorbeeld

Capacity: Student Leadership

DAG 2 VAN 5

Markus 10:42-44
Leierskap is nie om baasspelerig oor mense te wees en hulle te vertel wat om te doen nie. Leierskap is om in te tree in 'n plek waaroor jy passievol is en om jou visie met ander te deel. Ware leiers gee om vir die mense vir wie hulle lei en is besorgd oor hulle welstand. Puik leiers sal geen moeite ontsien ter wille van hul mense nie.
Titus 1:5-9
Om die roeping wat God in jou lewe geplaas het, uit te leef, gaan nie net daaroor om dinge te doen nie. Dit gaan ook daaroor om op 'n sekere manier te leef. As jy 'n leier gaan wees, gaan mense die manier waarop jy jou lewe leef dophou. Moenie net 'n voorbeeld wees deur die dinge wat jy doen nie, wees 'n voorbeeld deur die manier waarop jy lewe. Dit sal 'n groter impak hê as wat jy kan dink. Hierdie gedeelte stip uit waaruit 'n leier saamgestel is. Fokus op daardie lys. Hoe goed beskryf dit jou? Aan watter dinge op daardie lys het jy nodig om te werk? Wanneer jy dit onder die knie het, sal jy ʼn goeie reputasie by ander hê.
Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Capacity: Student Leadership

God het jou geroep tot groot dinge - nie net wanneer jy ouer word nie, maar nou dadelik. Hierdie plan sal jou aanmoedig en wys hoe dit lyk om vorentoe te gaan en te lei daar waar jy op die oomblik in jou lewe is. God kan en sal jou op ongelooflike maniere gebruik. Die vraag is, sal jy Hom toelaat?

More

We would like to thank Switch, a ministry LifeChurch.tv, for providing this plan. For more information, please visit: www.lifechurch.tv