Kapasiteit: Student LeierskapVoorbeeld

Capacity: Student Leadership

DAG 3 VAN 5

Eksodus 3:1-12
God het Moses geroep om vorentoe te tree en die mense uit slawerny te lei, maar Moses wou dit nie doen nie aangesien hy nie in homself geglo het nie. Hy het nie gedink dat hy opgewasse is daarvoor nie. Moses het aangehou om met God te argumenteer en wou hê dat Hy iemand anders moes vind, maar, God het Moses gekies om die leier te wees. Hoekom? Net sommer.... want Hy is God en Hy kan enigiemand vir wie Hy wil, kies. Dit was nie omdat Moses enigsins iets spesiaals was nie.
Waar voel jy dat jy te kort kom? Watter areas in jou lewe laat jou voel dat jy nie opgewasse is daarvoor nie? Weet dit - God sal jou vir groot dinge gebruik. Hy wil. Dit maak nie saak hoekom jy voel dat jy nie goed genoeg is nie. Oorwin jou onsekerhede en maak die keuse om God toe te laat om jou te gebruik. Hy wil hê dat jy vorentoe tree en lei, maar jy moet kies om die oproep te aanvaar. Dus,ontdek vandag al die areas waar jy dink jy tekort kom. Gee dit oor aan God en bid dat God jou sal gebruik ten spyte van daardie dinge.
Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Capacity: Student Leadership

God het jou geroep tot groot dinge - nie net wanneer jy ouer word nie, maar nou dadelik. Hierdie plan sal jou aanmoedig en wys hoe dit lyk om vorentoe te gaan en te lei daar waar jy op die oomblik in jou lewe is. God kan en sal jou op ongelooflike maniere gebruik. Die vraag is, sal jy Hom toelaat?

More

We would like to thank Switch, a ministry LifeChurch.tv, for providing this plan. For more information, please visit: www.lifechurch.tv