’n Lewenspad vol vreugdeVoorbeeld
Hardloop en gaan vertel
Moenie bekommerd wees oor hoe God jou sal versorg of hoe Hy jou na ’n betekenisvolle lewe sal lei nie. Alles sal op die regte tyd gebeur. Weet net die Here weet alles van jou af – soos Hy alles van die Samaritaanse vrou geweet het. Hy draai sy oë nie een sekonde van jou lewe af weg nie. Hy was daar elke keer wat iemand jou seergemaak of geminag het. Hy was daar toe jy daardie telefoonoproep ontvang het. Daardie diagnose. Hy hou boek van al jou hartseer en pyn. Hy vang al jou trane op (Ps. 56:9). En – hoe wonderbaarlik! – Hy het iets in jou begin doen: die goeie werk wat Hy sál voltooi (Fil. 1:6).
Jesus, ek is so bly dat ek weet U ken my deur en deur. Dit bring my in beweging om ’n verskil te gaan maak. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Voel jy soms asof jy skaars van dag tot dag oorleef? Nou is die tyd om nie net te probeer oorleef nie, maar om elke dag te floreer! Hierdie sewe vreugdevolle mini-oordenkings deur Dalene Reyburn sal jou help om daagliks te fokus op God se teenwoordigheid en die vreugde wat jy in Hom kan vind.
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/