Die God Wat HerstelVoorbeeld

Die God Wat Herstel

DAG 25 VAN 29

Prys die Here!

Lees: 1 Samuel 2:1–10; Psalm 113

SOAP: Psalm 113:1–2

"Prys die Here! Prys, dienaars van die Here! Die Naam van die Here moet geloof word, nou en vir altyd."

Oordenking

Terwyl ons deur die Adventtyd gegaan het, het ons die koms van ons Koning onthou, die werklikheid van pyn in ons wêreld en die groot vreugde wat ons het terwyl ons wag. Terwyl ons hierdie week nader aan die viering van die geboorte van Christus kom, draai ons harte na lof.

Psalm 113 is geїnspireer deur Hanna se lied in 1 Samuel 2. Nadat sy vir baie jare gebid en vir ‘n kind gevra het, kon Hanna verheug wees toe God uiteindelik haar gebed verhoor en vir haar ‘n seun gegee het. Sy het die Here geprys vir sy karakter en sy ongelooflike werk in haar lewe. Hanna was vol vreugde toe sy God se hulp en genade erken het om haar gebed te beantwoord, maar sy het dieper gegaan en ook haar vertroue in wie God is, uitgespreek: "Hy is Heilig en daar is niemand soos Hy nie."

Hierdie psalm is deur die geslagte van die Israeliete voorgedra. Dit het hulle herinner en vermaan om die Here in alle omstandighede te loof. Hy is lofwaardig, Hy is verhewe en niks kan met Hom vergelyk word nie. Hy is hoog verhewe, maar Hy buk af om na die aarde te kyk om vir sy mense te sorg. Hy lig die armes uit die stof op en sit hulle in ereplekke. Hy verander onvrugbaarheid in vrugbaarheid. God is lofwaardig.

Of ons nou gesien het hoe God gebede op wonderbaarlike maniere verhoor soos Hy vir Hanna gedoen het en of ons nog wag vir God om te antwoord, Hy is lofwaardig. Hy gee aandag aan ons, sy mense. Kersfees is bedoel om ons te herinner aan die verlossing waarvoor ons wag en die Verlosser op wie ons wag. Terwyl ons wag, loof ons sy karakter, getrouheid en liefde. Ons loof Hom vir wat Hy reeds in ons lewens gedoen het en verheug ons dat ons Hom eendag, wanneer al sy beloftes volkome vervul is, nog meer sal loof.

Dag 24Dag 26

Aangaande hierdie leesplan

Die God Wat Herstel

Met Kersfees vier ons Christus se eerste koms, terwyl ons wag en uitsien na sy wederkoms. Ons dink aan die gebrokenheid van ons wêreld en hoe Hy herstel en heelheid gaan bring wanneer Hy kom. Ons loof Christus met vreugde omdat ons ons hoop op Hom stel. Hierdie Bybelstudie neem ons deur die Adventstyd, ‘n tydperk van wag en groot verwagting op die koms van ons ewige Koning.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans