#KiesDieLeweVoorbeeld

#KiesDieLewe

DAG 2 VAN 4

“Omring jou met die regte mense – Leer by Henry Cloud”

Henry vertel die aangrypende verhaal van een van sy vriende wat die hoof van ’n groot maatskappy was. Tydens moeilike ekonomiese tye het hy geweldig gewroeg. Diep in homself het hy ’n mislukking gevoel. Hy het hom begin onttrek: hy het sy vriende minder gesien, minder gholf gespeel, minder kerk toe gegaan en minder gesosialiseer. Wat hy egter nie besef het nie, was dat hy hom al hoe meer onttrek het aan die mense wat naby aan hom was in sy lewe.

Uiteindelik het hy letterlik weggeraak. Hy is gevind in ’n hotelkamer waar hy alleen was in ’n diep gat van depressie. Henry het aan hom verduidelik dat sy groot fout was om alleen te probeer staan, om alleen deur die krisis te probeer gaan. Henry sê dit so treffend: “His crash and his business loss actually came from not knowing one of the most important secrets of God: we are not meant to be alone.”

Mense wat goed ge-“connect” is met ander het beter breinontwikkeling, sterker immuunstelsels en is minder vatbaar vir probleme en siektes soos depressie, angs en verslawing. Hoe meer jy met ander ge-“connect” is, hoe gelukkiger en gesonder is jy.

Met wie omring jy jou?

GEBED: Here, dankie vir die mense in my lewe wat U oor my pad gestuur het. Here, help my om moeite te doen met hulle en aan hulle verbind te bly.

Hierdie oordenking is geneem uit #KIESDIELEWE deur Johan Smith © Christelike Uitgewersmaatskappy.
Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

#KiesDieLewe

Kies jy elke dag om op te staan en waarlik te lééf? Johan Smith help jou in hierdie 4-dag-plan om positief te bly en die lewe met albei hande aan te gryp, ten spyte van uitdagings en donker tye in jou lewe. Want jou God is GROTER as jou donker en sal jou die moed en krag gee om God se plan vir jou uit te leef. Hierdie oordenkings is geneem uit #KIESDIELEWE.

More

Ons wil graag Johan Smith © Christelike Uitgewersmaatskappy bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.cumbooks.co.za/