#KiesDieLeweVoorbeeld

#KiesDieLewe

DAG 3 VAN 4

“Wanneer jy swak is, is jy sterk – Leer by Katie Davis”

Katie Davis het ’n baie gelukkige lewe in Amerika gelei. Sy was gewild en het baie vriendinne gehad. Sy kom uit ’n goeie, gelukkige ouerhuis. Ná skool is sy na Uganda om ’n jaar van haar lewe voltyds vir die Here te werk. Daar is sy op ’n baie jong ouderdom gekonfronteer met met geweldig moeilike en uitdagende situasies.

Met tye is sy oorweldig deur siekte, honger en die krisisse van die kinders daar. Al het sy oorweldig gevoel, het dit haar by ’n punt van diep afhanklikheid van die Here gebring.

Die moeilike omstandighede het nie gemaak dat sy weghardloop nie, al was sy soms lus om dit te doen. Die moeilike omstandighede het haar nie laat moed opgee nie. Nee, dit het haar leer volhard. God het dit alles gebruik om diep in haar lewe in te bou. Sy skryf self: “I was learning that the powerless, broken, dependent place was actually the place where the Lord was closest to me.”

Sy het ervaar dat God in haar pyn, moedeloosheid en seer die heel naaste aan haar is. Dis die tye wat sy net God gehad het om aan vas te hou, en Hy het haar nooit gelos of teleurgestel nie.

Wat is jou krisis? Wat is jou moeilike situasie of omstandighede? Laat toe dat God jou afhanklikheid van Hom leer. Laat toe dat God jou vorm soos klei in die pottebakker se hand.

GEBED: Here, dankie dat U my swaar en seer tye gebruik om my net meer afhanklik van U te maak. Vorm en vou my soos U wil, Here.

Hierdie oordenking is geneem uit #KIESDIELEWE deur Johan Smith © Christelike Uitgewersmaatskappy.
Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

#KiesDieLewe

Kies jy elke dag om op te staan en waarlik te lééf? Johan Smith help jou in hierdie 4-dag-plan om positief te bly en die lewe met albei hande aan te gryp, ten spyte van uitdagings en donker tye in jou lewe. Want jou God is GROTER as jou donker en sal jou die moed en krag gee om God se plan vir jou uit te leef. Hierdie oordenkings is geneem uit #KIESDIELEWE.

More

Ons wil graag Johan Smith © Christelike Uitgewersmaatskappy bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.cumbooks.co.za/