Om Die Mense Wat Ons Seermaak Te VergeweVoorbeeld

Forgiving Those Who Wound Us

DAG 3 VAN 7

Die Herstel van Verhoudings

Vind jy dat jou gedagtes gevul word met sekere gebroke en pynlike verhoudings?

Dit kan moeilik wees om vreugde te ervaar as jou gedagtes so verteer word. Daar is sekere oortredinge wat tussen ons en ander mense te staan kom, wat ons verhouding met ons Heilige God kan affekteer. Ons aanbidding behoort rein en sonder blaam te wees. Ons vergifnis in Christus is die waarborg dat ons toegang tot God het, maar Hy begeer dat ons aan sy Seun gelyk word. Jesus vermaan ons om onsself met ander te "versoen". Om te versoen beteken om die verhouding te herstel. Ons bring oneer aan Christus as ons verhoudings nie reg is nie. Vergifnis help om ons verhoudings te herstel en God met 'n skoon gewete te aanbid. Indien die ander persoon nie wil versoen nie, is ons steeds verplig om alles in ons vermoë te doen om te versoen.

Ons eer God as ons dit doen en ons aanbidding is onbelemmerd. Soos wat ons groei en meer soos Christus word, word dit makliker om sekere oortredings "oor te sien". Ons kies om nie aanstoot te neem nie (lees Spreuke 19:11). Ons vergewe ander en erken dat ons almal mekaar sonder bedoeling seermaak. Dit is 'n genadige reaksie op vele sondes. Dit kan onnodige konfrontasie verhoed en keer dat verhoudings versuur word. So 'n volwasse optrede is bevrydend en help ons om 'n oop verhouding met God en mense te hê.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Forgiving Those Who Wound Us

Of jy aan emosionele of fisieke wonde ly, vergifnis is die hoeksteen van die Christelike lewe. Jesus Christus is op allerhande onregverdige en onwettige maniere behandel, selfs tot sy onregmatige dood toe. Tog het Hy in sy laaste ure die spottende dief aan die kruis en sy laksmanne vergewe.

More

Baie dankie aan Joni en Vriende, Internasionaal en Tyndale House Uitgewers, die skeppers van die "Beyond Suffering" Bybel, wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek www.beyondsufferingbible.com/ vir meer inligting

Verwante Leesplanne