Om Die Mense Wat Ons Seermaak Te VergeweVoorbeeld
![Forgiving Those Who Wound Us](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapistaging.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans-staging%2F3595%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Die Grondslag van Vergifnis
Wat doen jy as jy ander se foute raaksien?
Baie mense het diep geestelike wonde wat hulle aan die hande van ander opgedoen het. Hulle wat ons seergemaak het, het dalk 'n niksbetekenende "Ek's jammer" geuiter en met hulle lewens aangegaan. Dalk het hulle gemaak asof niks nadelig gebeur het nie. Is dit moeilik vir jou om die besonderhede te vergeet? Vermy jy die mense wat jou seergemaak het? Die teenoorgestelde kan dalk wees dat ander jou vermy omdat jy hulle seergemaak het.
In hierdie gelykenis noem Jesus die dienskneg sleg, omdat hy nie vergewe het toe hy vergifnis ontvang het nie. In plaas daarvan het hy sy skuldenaar aan 'n hoër riglyn gemeet as homself. Terwyl ons die Skrifgedeelte lees wil ons harte uitroep: "onregverdig!" Ons kan die ongeregtigheid so duidelik sien: die dienskneg moes die vergewe het wat aan hom geskuld het.
Ons erken en smag na regverdigheid omdat God aan ons almal gelyke genade bewys. Hoe moet ons reageer teenoor ander se foute? Hierdie Skrifgedeelte waarsku ons om nie onvergewensgesind te wees nie. Hier sien ons duidelik hoe God verwag dat ons teenoor die sondige gedrag van ander behoort op te tree — Hy verwag dat ons sal vergewe. Waarop baseer God hierdie verwagting? Sy verwagting is op sy eie liefdevolle vergifnis teenoor ons gebaseer. Ons oordeel ander dikwels met 'n ander riglyn as wat ons vir onsself gebruik.
Ons sien ander se sonde as 'n erger oortreding as ons eie, of ons verwag dat hulle meer genade teenoor ons betoon as wat ons gewillig is om aan hulle te betoon. God verbied sulke optrede. Hy wil eerder hê dat ons sy genade sal onthou en daarvolgens optree. Ons sonde teenoor ander is in der waarheid sonde teenoor God. Hy het elkeen van ons geskape en begeer dat ons mekaar as waardevol ag, en selfs ander se behoeftes bo ons s'n stel (Filippense 2:1-4). Hy het beslis 'n hoë standaard van vergifnis gestel — die geskenk van ons redding.
Hoe kan ons verander? Maak 'n lys van sommige van die maniere waarop God jou vergewe het. Dink na oor God se groot liefde vir jou: in Christus het Hy 'n manier geskep waardeur jy vergifnis kan ontvang, selfs toe jy Hom verwerp het (Romeine 5:8). Begin om ander mense te vergewe, nie op gevoel nie, maar gebaseer op God se gratis en barmhartige geskenk wat Hy vir jou gegee het.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
![Forgiving Those Who Wound Us](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapistaging.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans-staging%2F3595%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Of jy aan emosionele of fisieke wonde ly, vergifnis is die hoeksteen van die Christelike lewe. Jesus Christus is op allerhande onregverdige en onwettige maniere behandel, selfs tot sy onregmatige dood toe. Tog het Hy in sy laaste ure die spottende dief aan die kruis en sy laksmanne vergewe.
More