Elke nuwe dagVoorbeeld

Elke nuwe dag

DAG 3 VAN 7

Die Vader se liefde

Het jy al jou vertroue in Jesus gestel? Het jy al jou geloof in Hom alleen geplaas? Is jy een met Hom? Dan is jy ook een met God. Hy wat ewig lewe, is dus jou Vader en jou vriend.

Het jy al ooit gedink aan die diepte van God se liefde? Mediteer vandag daaroor. Die Vader het Jesus gestuur! Jesus doen wat die Vader beplan. In die wonde van die sterwende Verlosser sien ons die liefde van die groot “Ek is”. Dink elke keer wanneer jy aan Jesus dink ook aan die liefdevolle Vader wat Hom gestuur het.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Elke nuwe dag

Charles Spurgeon wil jou herinner dat dié wat hul siel aan Christus se sorg toevertrou het, sal vind dat Hy hulle getrou bewaar. Mag God jou oortuig van jou sekuriteit in Christus en mag jy Hom hoor fluister: “Moenie bang wees nie, Ek is by jou.” Gryp elke nuwe dag aan en rus veilig in sy hand!

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/