AfgesonderVoorbeeld
Week 1: Geestelik Afgesonder
Memoriseervers
Ook bid ek dat julle liefde al hoe meer sal toeneem in begrip en fyn aanvoeling, sodat julle die dinge sal kan onderskei waarop dit werklik aankom. Dan sal julle op die dag wanneer Christus kom, onberispelik en sonder blaam wees, en deur Jesus Christus sal julle geheel en al in die regte verhouding met God wees, tot sy lof en eer.
Filippense 1:9-11
Uitdaging vir die week
Wanneer ons afgesonderd vir God lewe, het ons wysheid en kennis nodig. Ons vind dit in die Woord van God. Ruim hierdie week elke dag tyd in om op 'n spesifieke tyd met die Woord van God stil te sit by God. Maak dit 'n prioriteit om, benewens jou daaglikse stiltetyd, ook tyd in te ruim om die Skrif te memoriseer of om nog 'n keer op dieselfde dag oor die Woord van God te bid.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Voel dit asof die wêreld al verder weg van God af beweeg? Is dit vir jou moeilik om te weet hoe om die mense in jou lewe lief te hê sonder om beïnvloed te word deur die veranderinge in 'n wêreld wat uit pas is met God?
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://liefgodgrootliks.wordpress.com/