Jesus Het Gesê het oor hoe om getuies te weesVoorbeeld

Jesus Het Gesê het oor hoe om getuies te wees

DAG 4 VAN 8

Stap 5: Het so iets al ooit met jou gebeur?

Nadat jy dit wat met jou gebeur het met die persoon gedeel het, kan jy eenvoudig vra: Het so iets al ooit met jou gebeur? Dit is 'n oop vraag, nie-bedreigend en jy dwing jouself nie op die persoon af nie. Dit is ‘n nie-konfronterende vraag. Vra die Heilige Gees vir leiding oor hoe om die gesprek verder te neem.

Jesus se verhaal in twee minute

As dit uit die persoon se antwoord op hierdie vraag duidelik is dat die persoon nie 'n Christen is nie of onseker is, kan jy hulle vra of jy baie kortliks kan vertel waarom Jesus aarde toe gekom het. Dit kan jy binne twee minute baie effektief doen.

Die Drie Sirkels metode om die evangelie te deel

Wanneer jy die evangelie met iemand deel, kan jy die Drie Sirkels Metode gebruik. Dit is baie maklik om die drie sirkels op papier te teken en dit te gebruik om die evangelie te verduidelik.

Jy moet die volgende weer en weer lees en memoriseer. Gee noukeurig aandag aan die Skrifverwysings. Memoriseer dit.

Sirkel een: God se plan vir jou lewe.

God het ons met groot sorg geskep. Hy het ‘n doel (plan) met ons lewe. Hy wil die beste vir ons hê. Hy wil ons Vader wees, en sy plan vir ons is 'n sinvolle en doelgerigte lewe van oorvloed en vrede. Hy het ons lief en Hy wil vir ons sorg.

"Toe het God gekyk na alles wat Hy gemaak het, en dit was baie goed" (Genesis 1:31).

"Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle ’n toekoms gee, ’n verwagting!" (Jeremiah 29:11).

"U het my gevorm, my aanmekaargeweef in die skoot van my moeder. Ek wil U loof, want U het my op ’n wonderbaarlike wyse geskep. Wat U gedoen het, vervul my met verwondering. Dit weet ek seker: geen been van my was vir U verborge toe ek gevorm is waar niemand dit kon sien nie, toe ek aanmekaargeweef is diep in die moederskoot. U het my al gesien toe ek nog ongebore was, al my lewensdae was in u boek opgeskrywe nog voordat ek gebore is. Hoe wonderlik is u gedagtes vir my, o God, hoe magtig hulle almal!" (Psalm 139:13-17).

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Jesus Het Gesê het oor hoe om getuies te wees

Baie Christene wil graag met ongeredde mense oor Jesus praat, maar weet nie hoe nie. Hierdie leesplan sal jou help om op 'n baie praktiese manier 'n gesprek te begin, mense van jou redding te vertel en ook hoe om die evangelie baie maklik vir iemand te verduidelik.

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/