Jesus Het Gesê het oor hoe om getuies te weesVoorbeeld

Jesus Het Gesê het oor hoe om getuies te wees

DAG 7 VAN 8

Verhouding herstel

Nadat ons ons lewens aan God oorgee het, het God se Gees in ons kom woon en bemagtig Hy ons om volgens die wil van God te lewe. Wanneer ons verhouding met God herstel word, ontdek ons God se plan vir ons lewens en hoe om te lewe in ‘n gebroke wêreld. Ons kan begin leef volgens God se plan vir ons lewens.

"Iemand wat aan Christus behoort, is ’n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom. Dit alles is die werk van God. Hy het ons deur Christus met Homself versoen" (2 Korintiërs 5:17).

"Aanvaar die versoening met God wat Hy bewerk het! Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel sodat ons, deur ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek kan wees" (2 Korintiërs 5:18).

"Ons tree dus op as gesante van Christus, en dit is God wat deur ons ’n beroep op julle doen. Ons smeek julle namens Christus: Aanvaar die versoening met God wat Hy bewerk het! Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel sodat ons, deur ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek kan wees" (2 Korintiërs 5:20-21).

"Hy het sy eie Seun nie gespaar nie, maar Hom oorgelewer om ons almal te red. Sal Hy ons dan nie al die ander dinge saam met Hom uit genade skenk nie?" (Romeine 8:32)

"Daar is dus nou geen veroordeling vir dié wat in Christus Jesus is nie. Die wet van die Gees wat aan jou in Christus Jesus die lewe gee, het jou vrygemaak van die wet van sonde en dood" (Romeine 8:1-2).

Drie baie belangrike vrae

Op hierdie punt vra jy vir die persoon drie belangrike vrae:

1. In watter sirkel is jy?

2. In watter sirkel wil jy wees?

3. Wat weerhou jou daarvan om Jesus se offer te aanvaar om jou met God die Vader te versoen?

Mense sal op verskillende maniere reageer.

● Sommige sal sê dat hulle nie belangstel nie.

● Sommige sal aandui dat hulle in die kring is waar hulle verhouding met God reeds herstel is.

● Sommige sal aandui dat hulle in die Gebrokenheid-sirkel is, maar hulle wil nie verander nie.

● Ander mag aandui dat hulle in die Gebrokenheid-sirkel is en wil terugkeer na God se oorspronklike plan vir hulle lewens. Vra sulke persone of daar iets is wat hulle verhinder om dit te doen. Indien nie, bid saam met hulle in 'n gebed van oorgawe aan Jesus.

Sommige sal bereid wees om Jesus net daar te aanvaar. Ander sal bereid wees om meer daaroor te praat – maak dadelik ‘n afspraak vir ‘n volgende gesprek.

Vir mense wat wil bid en Jesus as Verlosser en Here wil aanneem, is daar 'n gebed wat hulle (hieronder) kan bid.

Ontvang en glo in Jesus as Here en Verlosser

Lees Openbaring 3:20: "Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek by hom ingaan en saam met hom die feesmaal hou, en hy saam met My."

In Johannes 1:12 lees ons: "Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word."

'n Gebed: Here Jesus, ek glo U is die Seun van God en dat U vir my sondes aan die kruis gesterf en uit die dood opgewek is. Ek is 'n sondaar en ek kan myself nie red nie. Ek gee my lewe aan U oor. Vergewe my sondes en reinig my met die bloed van Jesus. Ek aanvaar U as my Verlosser en Here en kies om onder u Heerskappy te leef. Dankie vir die geskenk van die ewige lewe. Vul my asseblief met die Heilige Gees. Dankie dat U my as u kind aanvaar en dat ek U nou my Vader kan noem. Amen.

Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Jesus Het Gesê het oor hoe om getuies te wees

Baie Christene wil graag met ongeredde mense oor Jesus praat, maar weet nie hoe nie. Hierdie leesplan sal jou help om op 'n baie praktiese manier 'n gesprek te begin, mense van jou redding te vertel en ook hoe om die evangelie baie maklik vir iemand te verduidelik.

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/